
DIE ganse internet is aan’t zoem oor Queen Bey Dinsdag nuwe musiek uitgereik het.
Jip, die veelbekroonde superster Beyoncé het die eerste single “Break my Soul” op haar nuwe album Renaissance bekendgemaak.
Queen Bey se fans, die BeeHive, was omtrent op hol toe hulle opgemerk het alle profile foto’s van haar op sosiale media en musiekstroomplatforms is verwyder.
Die BeeHive het toe gespekuleer hul Queen is besig om nuwe musiek te release en hulle was toe reg! En dié keer bring sy ’n lekker dans-vibe na haar musiek.
Die eerste single van die sewende solo-ateljee-album is ’n dans-song met ’n disco feel.
New Orleans-rapper Big Freedia, die Queen of Bounce, se vocals word ook op “Break my Soul” gehoor.
In ware Beyoncé-styl word die album aanvanklik net op die Tidal-stroomplatform uitgereik wat deur haar man, Jay-Z, besit word.
Die superster is beslis terug, want sy het ook in die Julie-uitgawe van Britse Vogue verskyn.