
DIT lyk asof Kim Kardashian nou weer ’n single vrou is.
Die mamma van vier en haar jong lat Pete Davidson is glo uitmekaar nadat hulle vir byna ’n jaar gedate het.
Luidens E! News het ’n bron na aan die twee gesê hulle het besluit om net vriende te wees.
Die insiders sê hoewel die paartjie “baie liefde en respek vir mekaar” het, het hulle gevind die langafstand-dinamiek en hul veeleisende skedules maak dit moeilik om ’n verhouding te laat werk. Die split het iewers in die week plaasgevind.
Pete het ’n deel van die somer in Australië deurgebring en aan die fliek Wizards gewerk. Wat Kim betref, gaan sy voort om vier kinders groot te maak – North, Psalm, Chicago en Saint, saam met haar eksman Kanye West.
In November het ’n bron aan E! News gesê dat Pete en Kim amptelik uitgegaan het. Destyds het die insider gesê beide partye was baie bly om te sien waarheen die verhouding gaan.