Nuwe telenovelles op pad

akkreditasie
Kind van die Noodlot gaan binnekort op kyk­NET&kie (DStv-kanaal 145) gewys word.
Kind van die Noodlot gaan binnekort op kyk­NET&kie (DStv-kanaal 145) gewys word.
Foto Verskaf

DIE DStv-kanaal kykNET& kie (kanaal 145) gaan ook nou sy eie oorgeklankte Turkse telenovelles kry.

Die laaste jare is Suid-Afrika se oorklankvaardighede ingespan om Turkse telenovelles na plaaslike skerms te bring — in Afrikaans.

Die intrige, aksie en romanse in hierdie telenovelles hou kykers vasgenael. Ons weet hoe gek Mzansi oor die storie van Elif is wat op e.tv uitgesaai word.

Nou gaan kykers selfs nog meer bederf word met twee splinternuwe, oorgeklankte Turkse telenovelles wat van Julie op kykNET&kie uitgesaai sal word.

Die twee telenovelles heet In die Ysterhand se Greep en Kind van die Noodlot.

Waldimar Pelser, M-Net-direkteur van kykNET-kanale, sê: “kykNET is baie opgewonde om twee internasionale telenovelles van topgehalte in Afrikaans na kykNET&kie te bring.

“Dié twee reekse, wat in Turkye vervaardig is en in Suid-Afrika oorgeklank word, het boeiende storie­lyne wat geen kyker onaangeraak sal laat nie.

Werkgeleenthede

“Die oorklanking van sulke groot reekse skep boonop tientalle werkgeleenthede in die Afrikaanse TV-bedryf vir talent agter die skerms en voor die mikrofoon.”

 Die eerste oorgeklankte telenovelle is In die Ysterhand se Greep, wat in Turks as Asla Vazgeçmem bekend staan.

Yigit is ’n suksesvolle sakeman wat nie aan liefde glo nie. Nadat hy verantwoordelik was vir die ongeluk wat sy vrou, Iclal, in ’n koma laat beland het, ontken hy haar bestaan om emosioneel te oorleef. Hul klein seuntjie, Mert, glo sy ma is in die hemel. Dan ontmoet Yigit vir Nur en hulle raak verlief. Onbewus van Iclal, stem Nur in om met Yigit te trou.

Op hul troudag skrik Iclal wakker ...

Die tweede oorgeklankte telenovelle is Kind van die Noodlot.

Kind van die Noodlot se Defne en Kahraman Yorukman is skatryk maar kinderloos. Hulle familie verstoot hulle daaroor en dit dryf Defne daartoe om ’n ander manier te vind om vir haar man ’n erfgenaam te gee: Sy besluit om ’n surrogaatmoeder te huur om ’n kind vir hulle te baar.

Episodes

Dié oorgeklankte telenovelle staan in Turks bekend as Belahan Jiwa Kahraman  en sal uit 148 episodes bestaan.

In die Ysterhand se Greep en Kind van die Noodlot word van Julie op kyk­NET&kie uitgesaai.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees