Nudes van Jesse lek op internet

akkreditasie
Die foto wat van Jesse Williams geneem is.
Die foto wat van Jesse Williams geneem is.

HET julle die nudes van die aantreklike akteur Jesse Williams gesien?

As ’n mens so mooi na pics kyk en daarop in-zoom, sal jy sien dat die akteur met die pragtige oë nogal goed bedeeld is.

’n Stoute gehoorlid by Jesse se Broadway-vertoning “Take Me Out” het besluit om die reëls te oortree en die internet te bless met die lekkerlyf se nudes.

Daar is voorsorgmaatreëls getref om seker te maak kiekies en videos van die show word nie met die inter gedeel nie.

Fone is bedoel om in Yondr-toestelle geplaas en weggesluit te word tot die einde van die vertoning.

Die New York Post het berig dat die hele voorkant van Jesse in ’n storttoneel tydens die toneelstuk geleak is.

Die toneelstuk vertel die storie van ’n gay professionele bofbalspeler wat sy waarheid aan sy spanmaats en in die media moet beken.

Williams is nie die enigste akteur in die produksie wat heeltemal kaal in die stuk verskyn nie. Die akteur Patrick J. Adams speel ook in die vertoning wat twee uur, 15 minute lank is.

Ennieways julle wil seker die video sien nè?

Nes ons moet julle dit ook maar op Twitter gaan soek, want hier kan ons wragtig nie daai man se heerlike goods wys nie.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees