Niks soos Pulse nie

akkreditasie

HET julle die opwindende trailer van die Showmax-reeks Pulse gesien?

Die reeks, wat in Suid-Afrika en Mauritius geskiet is, handel oor ’n internasionale groep speletjieskeppers. Hulle ontdek dat oorlewing nie meer net ’n speletjie is nie wanneer ’n elektromagnetiese polsbom elke elektriese stroombaan in hul kantoor se hoë gebou – en mense se koppe – laat brand.

Die Safta-wenner Tarryn Wyngaard (Stam, DAM, Dwaalster) vertolk die rol van Jaz, skepper van ’n treffer in die speletjie wat ’n hoofstroom-herlaai kry.

Volgens Tarryn is hierdie reeks buitengewoon.

Pulse is uniek in soveel opsigte. Stephen Clarke se draaiboeke was so ongelooflik uit hierdie wêreld en soos niks wat ek al ooit gelees het nie.”

Die Safta-wenner Thapelo Mokoena (Trackers, Bulletproof, Wild at Heart) stem saam met Tarryn.

Tarryn Wyngaard
BUITEGEWOON: Tarryn Wyngaard speel die rol van Jaz.

“Daar is niks soos hierdie vertoning nie,” sê hy.

“No offence aan elke ander wonderlike reeks wat ek gemaak het, maar Pulse is regtig een van die ongelooflikste projekte wat ek in my 20 jaar loopbaan gemaak het.”

Van die ander akteurs wat in Pulse speel, is Sven Ruygrok (Spud’s Rambo) en tweemalige Silwerskerm-wenner Carel Nel (Gaia, Rage, Raised by Wolves), met cameos van veelbekroonde Albert Pretorius (Nêrens, Noord-Kaap, Johnny Is Nie Dood Nie), Laré Birk (Dominee Tienie, Vir Altyd), asook die legendariese Frank Opperman (Dominee Tienie, Nêrens, Noord-Kaap).

Die oorlewingsgruwelreeks van ses episodes word geregisseer deur die veelbekroonde Sallas de Jager (Dominee Tienie, Vrystaat).

Sallas wei meer uit oor die karakters in Pulse.

“My rolprente het nog altyd gegaan oor die emosionele oorlewing van my karakters.

“Met Pulse het ek daarop gefokus om almal soos regte mense te laat voel, nie net meganismes om by die volgende bloederige ding uit te kom nie.”

Pulse is die jongste in ’n reeks internasionaal bekroonde gruwels wat uit Suid-Afrika kom – soos die veelbekroonde Fried Barry en Gaia.

Unieke

Die Showmax Original is ’n gesamentlike internasionale projek tussen die wêreldwye produksie- en finansieringsmaatskappy Media Musketeers, die Verenigde Koninkryk-gebaseerde ForLan Films en SA se Red Mirror, wat saam met Canal+ en The MediaPro Studio vervaardig is.

Gaan check die uiters unieke trailer op ons website.

Jy sal beslis nie kan wag vir die reeks wat op 23 Junie op Showmax te siene gaan wees nie.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees