Ne-yo se vrou is sick van sy gejol

akkreditasie
 Ne-Yo en Crystal Smith.
Ne-Yo en Crystal Smith.
Getty Images

NE-YO se vrou, Crystal Renay Smith, is so sick van hom en sy gejollery.

Die sanger se vrou beskuldig hom daarvan dat hy haar vir agt jaar lank verneuk het. Oor die naweek het die vrou van die “Sexy Love”-sanger, haar hart op sosiale media uitgestort

Sy het aan haar followers gesê, as iemand jou nie kan liefhê soos jy verdien om liefgehê te word nie, is dit jou taak om jouself lief te hê. Daar word gesê dat die sanger glo saam met verskeie vroue geslaap het gedurende die tyd dat hy en sy vrou Crystal saam is.

“Agt jaar van leuens en misleiding.

“Agt jaar van onwetend, my lewe en man deel met talle vroue wat hul liggame onbeskermd aan hom verkoop... elke laaste een van hulle!” het sy op Instagram geskryf.

Crystal sê sy het geen haat teenoor die pa van haar drie kinders, Chimere Smith Jr (6) en Roman Alexander-Raj Smith (4), en dogter Isabella Rose Smith, 13 maande, en in plaas daarvan wens sy hom niks anders as die beste vorentoe.

“Ek het drie pragtige kinders hieruit gekry, maar niks anders as vermorste jare en hartseer nie,” het sy gesê.

Verder vra sy die publiek om op te hou om vir haar boodskappe oor Ne-yo se jollery te stuur aangesien dit nie meer haar bekommernis is nie. Sy belowe om haarself eerste te stel. “Ek kies my geluk en gesondheid en my respek.”

Ne-yo het intussen op die instagram-plasing gereageer en sê ter wille van hul kinders sal hy en sy gesin agter geslote deure deur hul uitdagings werk.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 296 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 207 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees