Ne-Yo maak glo kind buite die huwelik

akkreditasie
Ne-Yo en Crystal Smith is op pad skeihof toe.
Ne-Yo en Crystal Smith is op pad skeihof toe.
Getty Images

VOLGENS berigte deur gewilde Amerikaanse aanlyn tydskrifte, People, en TMZ, maak Crystal ‘n einde aan haar en Ne-yo se huwelik en het om egskeiding aansoek gedoen.

In die dokumente beskryf sy hul huwelik as “onherstelbaar gebroke ,met geen hoop op versoening nie.”

Behalwe die plasing wat sy op IG gedeel het waar sy erken dat sy genoeg gehad het van hom wat ander vroue privaat sien, het sy nou nog ’n bom laat bars ...

Die model, wat drie kinders met die Sexy-Love-sanger deel, het in die skeidokumente gesê dat Ne-Yo nog ’n vrou pregnant gemaak het, en hoewel hulle vroeër vanjaar hul troubeloftes hernu het, is hulle sedert 22 Julie al uit mekaar. 

Crystal sê dat sy gedurende hierdie tyd die drie kinders op haar eie moes versorg.

Intussen vra sy die hof vir primêre toesig en gesamentlike wetlike toesig oor die hul kinders, kinderonderhoud en onderhoud.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees