Ndlovu jeugkoor wen groot toekenning oorsee

akkreditasie
Ndlovu Jeugkoor
Ndlovu Jeugkoor
Verskaf/Eat Out

DIE Ndlovu Jeugkoor maak omtrent waves oorsee.

Die talentvolle groep jonges en die fluitspeler Wouter Kellerman het pas ’n groot Amerikaanse toekenning vir die beste onafhanklike musiek video, vir hul Zulu weergawe van Ed Sheeran se song- ‘Shape of you’ gewen.

Die jeugkoor het die eerste keer opslae gemaak toe hulle deur die talentkompetisie America's Got Talent bekend geword het.

Die groep het Suid-Afrika met die jongste toekenning nog meer trots gemaak.

Kellerman is ’n Grammy-bekroonde Suid-Afrikaanse fluitspeler, vervaardiger en komponis wat reeds sewe Suid-Afrikaanse musiektoekennings gewen het.

Die seremonie vir Hollywood is verlede week by The Avalon in Hollywood, Kalifornië gehou.

Die jeugkoor het ook onlangs by The Eat Out se toekenningsaand opgetree en stel binnekort hul album deur Sony Music bekend.

Wouter vertel: “Ek het gehoor dat ek die Hollywood musiek in media toekenning saam met die Ndlovu jeugkoor vir beste onafhanklike musiek video gewen het."

Van die ander groot wenners was Cynthia Erivo en Joshuah Brian Campbell, wie saam die song vir die fliek Harriet, waarin Erivo as die titulêre karakter speel, geskryf het.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
48% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees