Ndlovu Jeugkoor se eerste album is uit

akkreditasie
Die Ndlovu Youth Choir van Limpopo in Suid-Afrika.
Die Ndlovu Youth Choir van Limpopo in Suid-Afrika.

DIE Ndlovu Jeugkoor was die ander dag nog in die eindronde van America's Got Talent. Verlede week is hul debuutalbum ge-release.

Die jeugkoor van Limpopo durf steeds hul pad na sukses teen 'n blitsige tempo aan. Hulle is vroeër vandeesmaand vereer met die Hollywood Music in Media-toekenning vir hul Zoeloe-weergawe van Ed Sheeran se Shape of You en is geteken deur Simon Cowell se platemaatskappy Syco Entertainment.

Ralph Schmitt, koorleier, het by die bekendstelling van die album gesê hul onlangse ervaringe het hul lewens verander.

"Wat met ons die afgelope jaar gebeur het is soos 'n sprokiesverhaal en om die boodskap te kry van America's Got Talent om te kom en 'n oudisie af te lê, daarheen te gaan en 'n warme verwelkoming van die Amerikaanse publiek te kry, was 'n groot voorreg vir ons," het Schmitt gesê.

"Ek het die voorreg om saam met jong mense van oral te werk, maar ek kan jou sê daar is iets anders omtrent die sangers," voeg Schmitt by. JacarandaFM

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees