'n Dames-affêre

akkreditasie
sing! Athina Jansen is een van die finaliste wat gaan optree.
sing! Athina Jansen is een van die finaliste wat gaan optree.

MAANDE se harde werk loop binnekort uit op ’n vocal explosion wanneer van Suid-Afrika se opkomende sangeresse die verhoog betree as deel van die ATKV-Crescendo Musiekontwikkelingsprojek.

Op Vrydag 20 Mei vier die Ontwikkelingsprojek talent wanneer die 2022-ATKV-Crescendo Mentor Program-finaliste Marsha Bothma en Athina Jansen saam met die mentor, gevierde musikant en digter Gracia Nicholls, op die verhoog optree.

Die vroue, wat geprys is vir hulle stemvaardighede en skryfvermoëns, gaan die ATKV-Crescendo se Platformsessies met ’n bang begin.

Volgens Robin Fourie, die kreatiewe direkteur en brands ambassador vir ATKV-Crescendo en Platformsessies, sal dit die eerste sessie wees met ’n eksklusief vroulike vokale rolverdeling.

Intieme

Hy verklap dat die intieme vertoning ’n sexy kant gaan oplewer. “Dit is die eerste keer dat ons net dames op die verhoog gaan hê – dit is ’n geleentheid om ons vroulike liedjieskrywers te vier ??aangesien ons wil hê die wêreld moet die uniekheid van die skryfstyl hoor, asook getuig van hul vaardigheidsvlak as vermaaklikheidsterre.”

Sy mede-MC, Whaden Johannes, ’n akteur, radiopersoonlikheid en sanger-liedjieskrywer, stem volkome saam met hom.

“Die talent wat hulle bring, is ongehoord,” het hy gesê.

Hierdie vertoning vind op Vrydag 20 Mei om 19:00 plaas in The Daisy Jones Bar in Stellenbosch.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees