Mzansi, dit is speeltyd

akkreditasie
VAT ’N KANS: Suid-Afrikaners kan ook nou inskryf vir Squid Game: The Challenge.
VAT ’N KANS: Suid-Afrikaners kan ook nou inskryf vir Squid Game: The Challenge.
Twitter

MZANSI, is julle reg vir Squid Game met deelnemers nader aan die huis?

Netflix het verlede week aangekondig dat Suid-Afrikaners ook nou kan inskryf vir Netflix se Squid Game: The Challenge.

Die streaming service bied sowat R73 miljoen aan in real-life Squid Game, en Suid-Afrikaners kan nou aansoek doen om deel te neem.

Netlix verseker almal dat geen deelnemers sal sterf nie.

Hulle het aangekondig dat die Koreaanse dramareeks Squid Game, waarvan daar ’n tweede reeks op die oomblik gemaak word, omskep word in ’n wêreldwye werklikheidsprogram met die grootste prysgeld vir ’n program ooit — $4,56 miljoen (sowat R73 miljoen).

Toevoegings

Die verskriklike dramareeks waarin 456 spelers in groot finansiële moeilikheid meeding aan dodelike kinderspeletjies binne ’n dodelike reality show, het Netflix se mees gekykte program ooit geword ná sy debuut in September 2021. Meer as 1,65 miljard uur is wêreldwyd gekyk.

Die reeks van 10 episodes sal in die Verenigde Koninkryk vervaardig word.

Squid Game
Squid Game: The Challenge sal in die Verenigde Koninkryk vervaardig word.Foto:

Die 456 spelers van regoor die wêreld sal dan teen mekaar meeding in speletjies wat op die reeks gebaseer is, plus nuwe toevoegings.

Die program se formaat is alles gekoppel aan die oorsprong van Squid Game.

Spelers se karakter word tydens die gebeure getoets, terwyl hulle rondte ná rondte uitgeskakel word totdat net een oor is. So, wat het jy nodig om die challenge te ervaar?

Jy moet ouer as 21 wees, ’n paspoort hê, en beskikbaar wees om vroeg in 2023 vir vier weke in die Verenigde Koninkryk te wees vir die vervaardiging van die reeks.

Mense wat wil inskryf, kan na squidgamecasting.com gaan en moet ’n een minuut lange video in landscape mode oplaai waarin jy oor jouself praat, hoekom jy in Squid Game: The Challenge wil wees, wat jou game plan sou wees en wat jy sal doen met ’n groot kontantprys as jy wen.

Twee onlangse foto’s moet ook opgelaai word en deelnemers moet Engels praat.

Netflix het verlede week amptelik die groen lig gegee vir reeks 2 van Squid Game.

Gewildste

Die skrywer, regisseur, vervaardiger en skepper Hwang Dong-Hyuk spog: “Dit het 12 jaar geneem om die eerste reeks van Squid Game in die lewe te bring, maar dit het 12 dae geneem vir Squid Game om die gewildste Netflix-reeks ooit te word.”

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees