Morrathan wil wêreld betower

akkreditasie

DIE jong fitness guru en spiertier wil die wêreld onder sy voete uitslaan.

Morrathan Abrahams (24) van die Paarl, wat ’n finalis vir die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie is, wil meer doen vir sy mede-mens as om net te inspireer.

Hy wil ook ander help – veral in hul fiksheid en gesondheid journey.

Abrahams vertel hy hou al van kleins af daarvan om in die kollig te wees.

Om deel te neem aan die Mnr. SA-kompetisie was ook altyd ’n droom vir hom.

Morrathan Abrahams
Morrathan Abrahams.

Inspireer

Abrahams vertel hy het al die verhoog gevat op agtjarige ouderdom.

Hy soek nou egter ’n groter gehoor om te inspireer en glo dat hy dit kan doen deur die Mnr. SA-titel.

Abrahams wil ’n inspirasie vir baie meer mense wees, nasionaal sowel as wêreldwyd.

Volgens die jonge sal hy die perfekte een wees om weg te stap met die groot titel omdat hy dit nie net vir homself doen nie, maar om terug te kan gee aan ander.

Abrahams is ’n bodybuilder en persoonlike fiksheidsafrigter by Virgin Active.

Hy sê dit is reeds moeilik vir hom om as persoonlike fiksheidsafrigter te werk en nie ander te kan help wat dit nie kan bekostig om vir hul fiksheid te betaal nie.

Morrathan Abrahams
Morrathan Abrahams is ’n finalis vir Mnr.SA 2022.

Abrahams vertel toe hy hoor hy is ’n finalis vir Mnr. SA het hy meer gemotiveerd gevoel.

“Wanneer ek deurdring na die final, sal ek dit nie opmors nie. Ek sal alles in sit om die titel te verower.”

Hy moedig ander aan om hul drome na te jaag.

“Dit voel erger wanneer jy nie probeer nie, as om te probeer en te faal.

“So, probeer liewer elke keer wanneer jy faal, as om glad nie te probeer nie.”

Morrathan Abrahams
Morrathan Abrahams wil ander help met hul fiksheid journey.
Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees