Mohale vertel sy waarheid

akkreditasie
Mohale Motaung het oopgemaak oor sy mislukte verhouding in die Showmax special Mohale on the Record.
Mohale Motaung het oopgemaak oor sy mislukte verhouding in die Showmax special Mohale on the Record.
verskaf

ANDERS as die Idols SA judge Somizi Mhlongo, wat oorsee gehardloop het toe sy vervreemde man se hoogs verwagte onderhoud uitgereik is, het die res van Suid-Afrika die popcorn uitgehaal en wys geraak oor wat eintlik tussen die twee gebeur het.

Somgaga het sy beurt gehad om sy kant van die saak te vertel in sy reality show Living the Dream with Somizi. Nou het Mohale sy kans gekry met Mohale on the Record. Albei die shows is tans op Showmax beskikbaar.

Ek het die onderhoud gekyk en hier is 10 van die dinge wat vir my uitgestaan het.

  • Mohale kom van ’n goeie, sterk familie. Aan die begin van die onderhoud leer ken ons sy familie in hulle huis. Ons leer dat hy ’n hoofseun op skool was en ons het ook sy babafoto’s gesien. Hy het ’n geleerde pa, doen tans sy masters in die regte en het ’n sterk ma wat glo aan gebed.
  • Ons leer van sy ontmoeting met Somizi. Hulle het in 2017 by ’n book signing van Somizi ontmoet. Somizi het hom kort daarna op Instagram ’n direct mes­sage gestuur. Dae later het hulle op hulle eerste date gegaan met ses van Somgaga se vriende. Drie dae ná die eerste date het hulle na Swaziland getoer en dit is hier waar hy Somizi beter leer ken het.
  • Ek was verstom om te sien hoe respectful Mohale oor sy mislukte huwelik praat. Hy was bedaard en well-spoken. Hy het nie eenkeer Somizi te na gekom nie, soos wat Somizi en sy vriende in sy show Mohale probeer swartsmeer het nie.
  • Volgens Mohale het Somizi met ’n vriend geflirt terwyl hy sy verlowing met Mohale beplan het.
  • Mohale het vertel Somizi het ’n threesome met sy vriend voorgestel.
  • Volgens Mohale was Somizi baie controlling. Hy het alles probeer beheer.
  • Die beweerde aanranding waaroor daar ’n voice clip geleak is, het plaasgevind toe Mohale teruggekeer het van ’n work trip na Durban. Somizi het na bewering vir Mohale gesê hy gaan sy mooi gesig opmors, want dis dié mooiste gesig wat dinge vir hom opmors. Hy beweer Somizi het hom in die ribs en bene geslaan. Hy het toe gekruip en na sy kar gehardloop. Volgens Mohale het Somizi se vriend van die voorval geweet, want sy het hom gebel en gesoebat om Somizi te vergewe. By monde van Mohale was dit nie die eerste fisieke aanval nie.
  • Mohale het ook vertel Somizi het hom aangemoedig om sy 9:00-17:00-werk prys te gee. Volgens Mohale moes hy en Somizi op ’n oorsese trip na Parys gaan. Sonder sy medewete het Somgaga se baas ’n email gestuur en gevra of Mohale met verlof kan gaan. Mohale het vertel hy het geen verlof oor gehad nie want hulle het gereeld getravel. Volgens Mohale wou Somizi nog altyd ’n house husband gehad het wat na sy pype dans.
  • In die derde maand van hulle verhouding het Mohale Somizi verneuk. Mohale het erken dat hy selfsugtig was en dat hy baie sleg gevoel het omdat hy Somizi seergemaak het.
  • Mohale was geskok toe Somizi in sy show sê hy soek 50% van Somizi se besittings. Volgens Mohale het hy gevra vir sy klere, sy kar wat Somizi beskadig het en 50% van die R1,5 miljoen wat hulle by Showmax gekry het vir hulle wedding special. Hy sê verder hy het net sommige van sy klere teruggekry. Niks van die bokse wat Somizi in sy show uitpak en buite sit, is ontvang nie.
Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees