Mohale gaan bos los op TV

akkreditasie
PRAAT UIT: Mohale: On the Record word op 4 Augustus uitgesaai.
PRAAT UIT: Mohale: On the Record word op 4 Augustus uitgesaai.
Verskaf

MOHALE Motaung se stem sal uiteindelik gehoor word in die Showmax original Mohale: On the Record, wat eersdaags beskikbaar sal wees.

Die couple het die highlight vir gay-huwelike in Suid-Afrika geword toe hul Safta-genomineerde 2020-troue, Somizi & Mohale: The Union, as “die troue van die jaar” bestempel is en ’n rekord opgestel het vir die show wat die meeste gekyk is op die eerste dag van uitreiking op Showmax.

Hul verhouding was ook ’n sentrale fokus in Living the Dream with Somizi S4, wat die 2020-Safta vir bes gestruktureerde of docu-reality show gewen het.

Die huwelik ná die sprokiestroue was toe nie so sprokiesagtig soos wat dit gelyk het nie.

Verlof

Dinge het begin skeefloop ná ’n off-the-record-onderhoud met Mohale wat in Augustus 2021 uitgelek is en waarin hy beweer het Somizi het hom fisiek mishandel.

Baie is al gesê oor die impak van dié bewerings teen Somizi, wat as gevolg daarvan verlof geneem het by Idols en Metro FM. Hy is egter nou weer vandeesmaand op die voorblad van True Love en deel sy kant van die storie in Living the Dream with Somizi S5 op Showmax.

Maar baie minder is gesê oor hoe die beweerde mishandeling, die uitlek van die storie en die hangende egskeiding Mohale beïnvloed het.

Krake

Dié is ’n “tell-all-onderhoud” tussen Mohale en Aldrin Sampear, gasheer van Unfiltered op SABC3 en die drive time show Beyond the Headlineop SAFM.

“Die sit-down is ’n geleentheid om Mohale se weergawe van hul huwelik te hoor, en nou, sy krake,” sê Sampear.

“Nadat ons die storie van die troue vertel het, wou ons alles wat gevolg het, verken,” sê Candice Fanguiero, inhoudshoof by Showmax.

Living the Dream with Somizi S5 is tans die gewildste titel op Showmax, maar dis net een perspektief. So, ons voeg nou Mohale se stem by sodat hy vir homself kan praat in hierdie spesiale produksie.”

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees