Massiewe geleentheid vir skrywers

akkreditasie
SUKSESSTORIE: Die talentvolle groep skrywers wat laas jaar deelgeneem het aan die eerste Kommadagga-slypskool.
SUKSESSTORIE: Die talentvolle groep skrywers wat laas jaar deelgeneem het aan die eerste Kommadagga-slypskool.
Foto Verskaf

AS JY ’n belowende skrywer is, is hierdie die perfekte geleentheid vir jou!

Die tweede Kommadagga-slypskool, aangebied deur LitNet en die Jakes Gerwel-stigting, vind vanjaar van 5 tot 26 Oktober in Somerset-Oos plaas.

Dié mentorskapprogram vir belowende Afrikaanse en Engelse skrywers wat hulle met die kortkuns besig hou, sluit aan by LitNet en die stigting se strewe om nuwe skryfwerk aan te moedig.

Vanjaar se slypskool sluit weer verblyf van drie weke in vir vyf kandidate in Somerset-Oos in die stigting se skrywerswoning, Paulet Huis, aan die voet van die skaduryke Bosberg.

Ná Jakes Gerwel se dood op 28 November 2012 het sy weduwee Paulet Huis aan die stigting geskenk. Die skrywer en dramaturg Rachelle Greeff tree weer as mentor op.

Sy werk in verskeie genres en het al gesogte literêre pryse vir haar kortverhale ontvang.

Haar bekroonde toneelstukke Die Naaimasjien en Rondomskrik is landwyd gesien en The Sewing Machine is in 2012 op die Edinburgh Festival opgevoer.

Vergesel

Voornemende deelnemers kan nou aansoek doen om vir dié geleentheid in aanmerking te kom. Aansoeke sluit Vrydag 2 Julie om 12:00.

Belangstellendes wat op kortverhale, rubrieke, tydskrifstories, artikels of meningstukke wil fokus en nog nie voorheen ’n boek gepubliseer het nie, kan aansoek doen by theo@jgf.org.za.

Aansoeke moet van die volgende vergesel word:

  • ’n Kort biografiese beskrywing, met volledige kontakbesonderhede (300 woorde maksimum).
  • Een of meer skryfstukke deur die skrywer waarop slegs die titel van ’n stuk aangedui word, en nie die skrywer se naam nie.
  • ’n Kort motivering hoekom die skrywer meen hy/sy by die projek sal baat.

Alle reis- en verblyfkostes tydens die skrywersverblyf, sowel­ as alle etes van die vyf gekeurde kandidate, word gedek­.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees