Marlo skitter

akkreditasie
Marlo Minaar is tans te sien in Troukoors op Showmax.
Marlo Minaar is tans te sien in Troukoors op Showmax.

EK SÊ julle nou – Marlo Minnaar is ongetwyfeld een van die beste akteurs in Suid-Afrika.

Kyk, ons ken die briljante akteur as Aiden (Sarah se Geheim), Tony (7de Laan), Imraan (Suidooster) en meer onlangs het ons hom sien skitter in sy vyfde eenmanstuk, Die Halwe Huis, waarin hy die komplekse rol van Bumper Jansen onverbeterlik vertolk het.

En nou kan ons dié boorling van Oudtshoorn in die innoverende, quirky en moderne plaaslike reeks Troukoors se tweede seisoen sien.

“Ek is bevoorreg om die laaste paar jaar in verskillende mediums my spel-tegniek te kon slyp – van teater tot film en TV. Dit is vir my heerlik om in die psige van karakters te klim, en soos ek altyd sê – om tot téénaan die been te sny.

“As kunstenaars is ons eintlik maar net ’n vessel om aan society terug te wys en hulle te forseer om in die spieël te kyk.

“Met Die Halwe Huis, wat by die afgelope KKNK en Suidoosterfees gespeel het, kon ek weereens sien watter impak teater op mense het en hoe van jonk tot oud hulself kon vereenselwig en daaruit leer, en om beter te wees.”

besties: Hugo (Marlo Minaar) speel Abi (Bianca Flanders-Balie) se nuwe love interest.foto’s verskaf

Marlo stel ons voor aan sy nuwe karakter, Hugo Peters, in Troukoors 2.

“Ek vertolk die rol van ’n doktor in Wiskunde en is ’n dosent by UCT. Hy is die slimste karakter wat ek al ooit moes speel en baie vêr van myself af. Wat ek van Wiskunde weet, is angswekkend. Ek het dit in matriek net-net deurgekom. Daarom het ek drama gaan swot.”

Hy vertel Hugo word aangestel as ’n tutor en raak met die eerste oogopslag verlief op Abi (gespeel deur Bianca Flanders-Balie).

“Hugo is dalk ’n geek of note, maar ek admire sy guts en selfvertroue, hoewel hy self van mening is dat hy amper beheer verloor oor sy blaas elke keer as hy vir Abi sien. Op papier is Hugo en Abi heel verwyderd van mekaar.”

Hartroerend

Volgens Marlo is Troukoors vir die new age.

“Dis vir die modern family, dis Sex in the City vir die woke culture. Verhoudings word op hul kop gedraai, onkonvensionele bande word geskep in ’n wêreld waar sexual en mental fluidity na vore gebring word.

“Maar dit gaan ook oor liefde en aanvaarding – aanvaarding van self en aanvaarding van ander. Dis fast paced, maar ook romanties en hartroerend by tye.

“Ek dink Troukoors is vir elkeen wat die kompleksiteit van liefde verstaan en raaksien.”

Dié uiters professionele akteur vertel dit was absoluut fantasties om teenoor Bianca te speel.

Troukoors vir die new age. Dis vir die modern family, dis Sex in the City vir die woke culture.
Marlo Minnaar

Skepties

“Sy is in werklikheid een van my beste vriende. Ons was aanvanklik bietjie skepties omdat daar nogal ’n gevry gebeur.”

Hy deel die funny story oor die TV-gevry met ons.

“Ek was in Frankryk laas jaar Junie/Julie op toer met ’n teaterproduksie, en tydens kwarantyn het ek die e-pos gekry dat ek die rol van Hugo gekry het. Ek het aanvanklik vir my agent gevra teenoor wie ek sou speel. Toe sy sê Bianca, moes ek eers die epos laat lê en besin daaroor.

“Dit was vir ons altwee bietjie skrikkerig aan die begin, maar toe besef ons dis “teater” wat ons speel. Toe begin ons fun te hê met die karakters. Sy is ongelooflik professioneel en hardwerkend en ek is verskriklik trots op haar.

“Sy vertolk een van die hoofrolle in Troukoors en het drie maande aaneen geskiet, dit terwyl sy haar eie troue ook moes reël. ’n Hoogtepunt onlangs was ook die Silwerskerm-fees.”

Ek dink Troukoors is vir elkeen wat die kompleksiteit van liefde verstaan en raaksien.

Marlo voeg by dat hy ook die geleentheid gegun is om saam met die Suid-Afrikaanse legende Arnold Vosloo, wat tans te sien is in Silverton Siege op Netflix (gaan kyk dit! Dit is regtig baie goed.) te werk.

“Ek is onlangs bekroon met die toekenning vir Beste Akteur in ’n kortfilm vir Aan/Af. Deel van die prys is ’n mentor-sessie met Arnold Vosloo. Ek het pas kontak gemaak met sy woordvoerder in SA en ’n tyd vasgemaak om mekaar te ontmoet.

“Ek is baie opgewonde oor die geleentheid en sien uit om meer te leer oor sy tegnieke en raad te ontvang oor sy uithouvermoë met ’n lang, suksesvolle loopbaan.”

Ons weet sommer hierdie geleentheid gaan nog sommer baie deur oopmaak vir die suksesvolle akteur wat nooit skroom om sy beste te gee vir elke rol wat hy aanpak nie.

  • Jy kan Troukoors 2 tans binge watch op Showmax.
Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees