Marc Kali reg om te

akkreditasie
ondersteun: Die komediant Marc Kali hou op 21 Mei ’n vertoning in Athlone. foto verskaf
ondersteun: Die komediant Marc Kali hou op 21 Mei ’n vertoning in Athlone. foto verskaf

’N LEKKER aand vol gelag en vermaak wag vir jou.

Só vertel die komediant Marc Kali van Atlantis wat ná twee jaar uitsien om weer sy fans te bekoor met grappies.

Kali gaan die verhoog deel saam met die grapjas Quinton Manuels en die sanger Chris Samuels om jou vermaak vanuit die boonste rakke te laat geniet.

“Ek wou al geruimte tyd die vertoning doen, maar die pandemie het die bedryf lam gelê en nou kan ons weer optree en vreugde bring aan die volk.

Innoverend

“Die aanvraag was groot en my fans het my geïnspireer om die vertoning aan te bied.”

Die komediant vertel die pandemie het hom geleer om innoverend te dink.

“Dis waarom ek gereeld videos in die sosiale media geplaas het om my fans te vermaak.”

As jy lus het vir ’n aand vol komedie, moet jy gerus ’n draai gaan gooi op 21 Mei 2022 om 18:00 by die Joseph Stone Auditorium in Athlone.

Onthou om voorbereid te kom met jou masker, want alle Covid-19-voorsorgmaatreels sal in plek wees.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees