
DIE sangeres Leona Lewis is ’n mammie!
Die “Bleeding Love”-sangeres (37) en haar hubby, Dennis Jauch, het hul eerste baba saam — ’n dogter — op 22 Julie verwelkom.
Die trotse mammie het die nuus op haar Instagram aangekondig.
“En toe was daar drie! Ons klein Carmel Allegra het op 22.07.22 aangekom,”
Sy het ’n oulike kiekie van haar gelaai waar sy haar dogtertjie vashou.
Haar hubby het dieselfde foto en onderskrif op sy eie Instagram geplaas.
Fans en vriende het hulle gelukgewens met hulle nuwe toevoeging.
Baba-boepie
Die Britse sangeres en haar man het die eerste keer in Maart die swangerskapnuus aangekondig en ’n foto gedeel van ’n swanger Leona met ’n swart rok wat haar baba-boepie vashou.
Die tweetjies het in Julie 2019 getrou op ’n plegtigheid wat by Sting en sy vrou, Trudie Styler, se Toskaanse wingerd net suid van Florence gehou is.
Leona het haar man in 2010 ontmoet toe hy as ’n backup-singer op Lewis se toer opgetree het, en hy het die vraag ná hul agtste herdenking gevra.