Kyle se ‘cuddle up’ impress

akkreditasie
Kyle September het sy single “Cuddle Up” onlangs uitgereik.
Kyle September het sy single “Cuddle Up” onlangs uitgereik.
verskaf

HY IS bekend vir sy opgewekte, positiewe musiek en dié week het hy wéér ’n lekker single uitgereik wat jou beslis in ’n goeie mood gaan sit.

Jy sal “Cuddle Up” vir seker by jou versameling wil voeg!

Dekade

Kyle September se nuwe liedjie gaan daaroor om dáár te wees vir iemand wanneer hulle ’n slegte dag gehad het, of om deur iemand spesiaals bemoedig te word wanneer jou eie dag sleg was.

Kyle is al langer as ’n dekade in die musiekbedryf en het ’n BMus-honneursgraad van die Wits School of Arts.

Die veelsydige kunstenaar sê die ligte pop song kom uit sy eie pyn.

“Fisieke aanraking is my liefdestaal. ’n Intieme gebaar kan baie keer regkry wat woorde nie kan nie.

“Dié liedjie vang hierdie gedagte perfek vas,” sê hy oor sy jongste sin­gle.

Dis sy vierde single re­lease sedert sy debuut-album in Augustus 2022 vrygestel is. Dit volg in die voetspore van lekker-luister-treffers soos “Little Things”, “Sweetness” en “Analog Heart”, wat almal goed ontvang is en gereeld airtime op nasionale radiostasies kry.

Kyle het ook ’n liriek-video vir “Cuddle Up” gemaak. Check dit gerus uit op You­Tube.

Ons het na die single geluister en gee dit twee duime.

Ons kan nie wag om later vanjaar na Kyle se volledige album te luister nie.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees