KYK | Fliek kom regte tyd

akkreditasie

TRAVIS Taute skryf stories wat hy wil gaan kyk.

Die skrywer en regisseur van Suid-Afrika se jongste aksiefliek, Indemnity, beskryf homself as ’n filmmaker met ’n groot belangstelling om unieke Suid-Afrikaanse stories te vertel.

Travis, oorspronklik van Belgravia Road, Athlone, sê hy was maar nog altyd lief vir movies maak.

Sy eerste play het hy immers geskryf toe hy op laerskool was.

Verlief

“Dit was ’n 90’s-komedie, Can Hardly Wait, oor ’n groep hoërskoolleerders by ’n partytjie en alles speel daar af.”

Voor sy lewe as filmmaker was hy ’n professionele swemmer, wat gedroom het van die Olimpiese Spele.

Maar dis kortgeknip deur ’n motorfietsongeluk. “Dit was divine intervention.”

Ná skool het hy ’n gap-jaar gevat, waarin hy kennis gemaak het met ’n filmskool en hy was met die intrapslag verlief.

Travis bieg hy het nog baie van die plays wat hy as skoollaitie geskryf het.

travis taute
Daar is ’n plek vir jou in die wêreld, vat jou plek en weet jou drome is valid, sê Travis.

Dit het 10 jaar geneem vir Indemnity om die lig te sien.

Travis verduidelik: “Een van die groot redes is finansies, maar ek glo alles gebeur vir ’n rede.

“Sou ons die movie vroeër maak, weet ek nie of ek volwasse genoeg was om die emosionele gewig wat in die movie aangeraak word, te kon dra nie.”

Daar is baie meer van homself in die fliek as wat Travis gedink het.

Son wou by die skrywer en regisseur weet of van Wesley Abrams (Qaeed Patel) se eienskappe sy eie as seun was.

Wesley is die seun van Theo Abrams (Jarrid Geduld) en Angela Abrams (Nicole Fortuin).

“Ek het nog nooit so aan die karakter gedink nie. Maar, ja, noudat julle dit vra — daar is in Wesley ’n bietjie van myself toe ek ’n kind was.”

Dis nie die net in die fliek dat hy trauma ervaar nie.

Travis sê in sy eie lewe het hy trauma ervaar as tienerseun met ’n motorfietsongeluk. “Ek was huiwerig om daaroor te praat of iemand te gaan sien.

indemnity
Travis saam met van die cast en crew van Indemnity by die première by die Silwerskermfees in Maart.

“Ek het om my begin kyk en veral na mans van kleur en die stigma wat gekoppel is aan mental health.”

Met sy navorsing het hy gekyk na trauma van verskeie sektore en veral frontline-werkers.

“Wat my aandag getrek het, was brandbestryders, want wat is manliker of word so uitgebeeld as ’n brandweerman?

“Binne daai omgewing van manlikheid is daar baie toxic masculinity, want daar is baie trauma.

“Maar wanneer jy rondom die manne is, hoe het jy ’n gesprek oor iets wat gesien word as ’n weakness?”

Travis vertel nog iets wat sy aandag getrek het, was dat brandbestryders ongelukke wat dikwels grusame tonele is, moet opruim.

Travis bieg dat voordat hy sy Tom Cruise gekry het, was daar ander akteurs wat vir die hoofrol oorweeg is.

Perfek

“Met sy oudisie het Jarrid net kwesbaarheid tot die karakter gebring en toe weet ek dis ons Theo Abrams, wat die emosionele gravitas het.”

Travis sê vir hom was dit ook perfek dat Jarrid sy eie stunts wou doen.

“Wanneer ek movies kyk, hou ek daarvan om te sien die akteurs doen hulle eie stunts. Dit is tog wat Mission Impossible, Mission Impossible maak.”

indemnity
Die aksiefliek begin vandag in Suid-Afrika wys en is iets wat jy beslis nie moet misloop nie.
  • Indemnity begin wys Vrydag 13 Mei by cinemas in Suid-Afrika.
Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees