Kunstefees huldig vroue

akkreditasie
The Unlikely Secret Agent is van 4 tot 9 Augustus op die planke by die Kunstekaap-teater.
The Unlikely Secret Agent is van 4 tot 9 Augustus op die planke by die Kunstekaap-teater.
verskaf

DIE Kunstekaap-teater het ’n vuurwarm line-up om Vrouemaand te vier.

Die 16de uitgawe van die Artscape Women Humanities Arts Festival vind van 1 tot 27 Augustus plaas, met onder meer ’n reeks verhoogproduksies, boekbekendstellings, asook ’n filmvertoning.

Daar sal ook ’n aantal feestelikhede op Vrouedag, 9 Augustus, wees met ’n Circle of Care met slagoffers van die Covid-19-pandemie en diegene wat deur geslagsgebaseerde geweld geraak word.

Marlene le Roux, uitvoerende hoof van Kunstekaap, sê: “Elke jaar tydens Vrouemaand verhef ons by Kunstekaap as ’n kollektief ons stem.

“Dit deur die kunste as ’n kanaal deur die Kunstekaap Vroue-fees te gebruik om veral die profiel, mag, prestasie en lot van vroue uit te lig.”

Hier is ’n voorsmakie van programme wat Vrouemaand by die Kunstekaapteater gesien kan word:

  • Spertyd: 3 – 4 Augustus

Hierdie verwerking van Elsa Joubert se outobiografie beskryf haar reis deur ’n tevredenheid van ouderdom.

Sy skryf eerlik en sonder sentiment oor die verouderingsproses.

Hierdie insiggewende, intieme storie word opgevoer deur die wonderlike Sandra Prinsloo en word vervaardig deur Margit Meyer-Rödenbeck en Alexa Strachan.

  • The Unlikely Secret Agent: 4 – 9 Augustus

Geskryf en geregisseer deur die bekroonde akteur en dramaturg Paul du Toit en gebaseer op die Alan Paton-bekroonde roman deur Ronnie Kasrils.

Dit vertel die verhaal van Eleanor, ’n beskeie jong enkelma wat in Durban gearresteer en in ’n aanhouding van 90 dae ondervra word oor haar minnaar, die berugte “terrorist” Rooi Ronnie Kasrils.

  • Yekabani le Panty: 4 – 9 Augustus

’n Aangrypende vertoning deur Peggy Tunyiswa en Carin Bester handel oor ’n wit vrou en ’n swart vrou wat hul verskille uitpak en die onderdrukking tussen hulle uitdaag en hul krag terugneem.

Hierdie plekspesifieke uitvoeringskunsstuk bevraagteken die patriargale struktuur wat op vroue afgedwing word.

karin kortje
Karin Kortje in Cabaret wys van 5 tot 6 Augustus.
  • Karin Kortje in Cabaret: 5 – 6 Augustus

Karin Kortje speel die rol van Betty in ’n kabaretvertoning uit die 1920’s.

Kortje en Zeldene McDonald sal ’n skouspelagtige vertoning van dans, aantrek, sang en glans gee soos nog nooit tevore ervaar is nie.

Hierdie aanloklike verhaal is perfek gechoreografeer deur Rushney Ferguson en geskryf deur Kyra Loubser.

  • Broken Crayons Still Colour Beautifully: 8 Augustus

Die fees bied ’n roerende simposium aan wat unieke geleenthede bied vir vroue wat met gestremdhede leef, insluitend dialoog, netwerkvorming en blootstelling.

  • Woman Zone Fine Music Radio Women’s Program: 8 Augustus

Woman Zone bied ’n uur lange Vroueprogram aan wat op Fine Music Radio uitgesaai sal word met ’n interessante reeks kragtige vroue.

  • Two Hues Film: 9 Augustus – 11:00

Die Two Hues Film NFT-bekendstelling sluit die vertoning van die kortfilm in, gevolg deur ’n aanbieding oor film-NFT’s en ’n geleentheid om jou eie Two Hues-funksie- NFT te skep.

Hierdie onthullende kortfilm van 16 minute volg die reis van ’n bipolêre fotograaf terwyl hy patriargie navigeer in ’n Moslem-gesin, sowel as ’n manlik-gedomineerde advertensie-agentskap.

Onder Die Brug
Die verhoogstuk Onder Die Brug wys op 25 – 27 Augustus.
  • AbFab Drag: 9 Augustus

As ’n verering aan die LGBTIQA+-gemeenskap en as deel van die Artscape Women’s Humanity Arts Festival 2022, keer AbFab Drag terug vir een vertoning.

Dit bevat topklas drag-divas Vida Fantabisher, SA’s Got Talent 2016-naaswenner Manila von Teez, asook Kat Gilardi, Jayde Kay Johnson en Angel Lalamore van die drag-kabaret-groep 3D Fame. Soli Philander sal die MC wees.

  • Onder Die Brug: 25 – 27 Augustus

Hierdie verhaal, geskryf deur Raydene le Roux, vertel ’n avontuurlike verhaal van ’n jong man wat weggehardloop het van sy kleindorpse lewe tot in Kaapstad, op soek na ’n beter lewe.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees