
DIE Ndlovu-jeugkoor maak hom reg om weer die Suid-Afrikaanse vlag hoog te laat wapper wanneer hy binnekort ’n nasionale toer aanpak.
Die koor, wat harte regoor die wêreld gewen het toe hy op America’s Got Talent verskyn het, het onlangs sy album Grateful uitgereik.
Op die album kan kunstenaars soos Sun-El Musician, 25k en Tyler ICU gehoor word.
Net ’n paar dae nadat sy derde album die lig gesien het, beoog die koor reeds ’n nasionale toer, vertel Ralf Schmitt, koorleier, aan Channel24.
“Ons beplan ’n groot nasionale toer oor ’n maand of twee.
Opgewonde
“Ons sal in teaters regoor Suid-Afrika optree.”
Die jeugkoor is ook later hierdie maand die main act by die MTN Bushfire-fees in Swaziland.
“Ons is baie opgewonde om teen die einde van die maand die hoofkunstenaars van Bushfire in Swaziland te wees,” het hy gesê.
Hy sê ook die koor het met sy nuwe album grense verskuif.
“Die reaksie oor die album was ongelooflik.
“Hierdie album het ons uit ons tradisionele gemaksone geneem en dit was baie goed om te sien hoe die koor kreatief raak.”