Kat terug op Expresso

akkreditasie
Katlego Maboe maak Maandag sy comeback op die ontbytprogram Expresso.
Katlego Maboe maak Maandag sy comeback op die ontbytprogram Expresso.
Facebook

DIE kat kom weer na die kassie.

Die SABC-kanaal S3, voorheen bekend as SABC 3, en Cardova TV, het bevestig dat die televisie-aanbieder Katlego Maboe op Maandag, 8 Augustus 2022, na die ontbytprogram The Expresso Morning Show, terugkeer.

Kat het aan die einde van 2020 tyd as aanbieder van Expresso afgeneem om te fokus op persoonlike sake wat spruit uit bewerings van mishandeling wat teen hom gemaak is.

Ná ’n uitgerekte regsproses het die howe Katlego in Januarie vanjaar van die bewerings vrygespreek.

Met sy groot come back next Maandag, sal Katlego in gesprek wees met Graeme Richards, in wat beloof om ’n emosionele sit-down te wees terwyl hy uitpak oor die uitdagende reis waardeur hy die afgelope twee jaar is.

“Dit is werklik moeilik om in woorde te sit wat ek op die oomblik voel - om terug te gaan na die plek waar ek ’n dekade lank tuis was,” sê ’n emosionele Kat.

“Ek is gevul met soveel dankbaarheid vir almal wat my ondersteun en bemoedig het deur hierdie reis, en ek sien daarna uit om weer die geleentheid te kry om ’n ongelooflike span te help om ’n inspirerende vertoning aan ons mense te lewer.”

Kat beskryf sy gevoelens soos volg: “Ek is ’n mengsel van tintelende senuwees en kinderlike opgewondenheid, oor die gedagte aan die eerste ‘Goeiemôre!’ en ek hoop as alles gedaan is, ek almal trots sou gemaak het. Dankie almal.”

Patience Stevens van Cardova TV meen gesinsgeweld is ’n ernstige probleem in ons samelewing en een waarteen Cardova gekant is.

“Ons is verlig dat die regsproses sy gang geloop het en dat Katlego homself in die hof van sulke bewerings skoongemaak het. Hy is ’n seldsame talent en ons is baie bly om hom terug te verwelkom by Expresso,” sê sy.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 296 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 207 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees