Kat in trane vir tell all interview

akkreditasie
maak terugkeer: Katlego Maboe maak Maandag sy comeback op die ontbytprogram Expresso.foto verskaf
maak terugkeer: Katlego Maboe maak Maandag sy comeback op die ontbytprogram Expresso.foto verskaf

DIE TV-aanbieder Katlego Maboe bars in trane uit tydens ’n teaser van sy eksklusiewe onderhoud.

In die teaser druk ’n emosionele Kat die trane terug terwyl hy nadink oor sy onstuimige twee jaar.

Met sy groot come back next Maandag, sal Katlego in gesprek wees met Graeme Richards, in wat beloof om ’n emosionele sit-down te wees terwyl hy uitpak oor die uitdagende reis.

“Baie het gebeur,” verduidelik Katlego terwyl hy sy trane afvee.

S3 en Cardova TV het bevestig dat Katlego Maboe op Maandag, 8 Augustus 2022 ’n hoogs verwagte terugkeer na The Expresso Morning Show gaan maak.

Katlego Maboe is aan die einde van 2020 op onbepaalde verlof geplaas om te fokus op persoonlike sake wat spruit uit bewerings van mishandeling wat teen hom gemaak is. Katlego is in Januarie 2022 van dié aantygings vrygespreek ná ’n uitgerekte regsproses.

In die teaser sê hy hy wil ’n lig vir ander wees. 

“Een ding wat ek nie kan laat gaan nie, is die begeerte om ’n force van positiwiteit in ander mense se lewens te wees en hulle te laat smile en hulle deel te laat voel van alles wat ek doen.”

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees