Karyn sing innie Kaap

akkreditasie
Karyn White begin haar Suid-Afrikaanse toer met ’n vertoning in die GrandWest Arena.
Karyn White begin haar Suid-Afrikaanse toer met ’n vertoning in die GrandWest Arena.
verskaf

DIE R&B- en soul-sangeres is gereed om Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers omtrent te entertain.

Dié ster kom hier ’n draai gooi om ons te bederf met haar lang verwagte toer Karyn White Live in South Africa.

Karyn gaan haar toer in Vrouemaand begin deur ’n Kaapse draai by GrandWest te maak.

Wenner

Soul- en R&B-liefhebbers kan verwag om hul all-time-gunstelingliedjies soos “Superwoman”, “The Way You Love Me”, “I’d Rather Be Alone”, “Can I Stay with You”, “Love Saw It” en “Secret Rendezvous” te hoor, om net ’n paar te noem.

Karyn White
Karyn White gaan van haar songs soos “Superwoman” op haar toer sing.

Dit sal die Amerikaanse sangeres se eerste toer in Suid-Afrika wees sedert die begin van die pandemie.

Die wenner van die Billboard-toekenning spog ook met verskeie benoemings. Een vir ’n Grammy, twee vir American Music Awards en drie vir Soul Train Music Awards.

Behalwe haar ander toekennings is Karyn onlangs met die Soul Music-toekenning by die sewende jaarlikse Black Music Honours 2022 in Atlanta, Georgia, in die VSA vereer.

Waarvoor wag jy nog? Kry jou tjieng reg en bespreek jou kaartjies!

Die show vind op 26 Augustus plaas en begin 20:00.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees