KYK | Karin is op die uitkyk

akkreditasie
inspireer: Karin Kortje is terug met die Overberg’s got Talent-kompetisie.
inspireer: Karin Kortje is terug met die Overberg’s got Talent-kompetisie.

KARIN KORTJE is so ready om die volgende groot talent in die Overbergstreek te ontdek!

Die talentvolle sangeres en Idols SA-wenner vertel opgewonde dat die Karin Kortje Foundation terug is met sy Overberg’s got Talent-kompetisie.

Met dié kompetisie gaan hulle help om ’n jong diamant van dié streek te slyp en met die regte tools en skills die vermaakbedryf gaan instuur.

“Ek kom van daardie area en ek weet hoe moeilik dit kan wees as jy veral ’n passie het vir die kunste.

“Ek weet hoe moeilik dit is om jou droom in die kunste ’n werklikheid te maak en dit in ’n loopbaan te omskep.

“Ek is hier om vir die kinders te sê dit is moeilik, maar dit is nie onmoontlik nie.

“My doel is om wie ook al in die Overbergstreek is en ’n loopbaan in die kunste te wil najaag, reg voor te berei vir die bedryf.”

Sy vertel passievol dat hierdie nie net ’n kompetisie is nie, maar dat dit ook gepaardgaan met werkswinkels waar sy rolspelers in die bedryf inkry om saam met die kinders te werk en hulle raad te gee oor hoe om hul loopbane in hierdie bedryf in ’n sukses te omskep.

“Dit is een ding om die passie en die talent te het, maar as jy nie die nodige skill set het oor hoe om jou loopbaan te manage nie dan is dit tevergeefs.

“Ekself het al baiekeer in gate geval waaruit ek myself moes ophelp, ek moes my eie way daaruit kry. Ek moes terug na die drawing board gaan om te kyk waar ek gefaal het en met die hulp van die Here kon ek dit regkry.

“En daarom wil ons jong mense toerus met die regte tools en management skills om te verseker dat hulle dit in die bedryf kan maak.”

Karin vertel opgewonde dat hulle paar skole in dié streek gaan besoek om die kinders meer inligting oor die kompetisie te gee.

“Ons gaan die skole besoek om die woord te versprei en aan die kinders te verduidelik hoe die kompetisie werk en hoe hulle daaraan kan deelneem.”

Die “Liefde en Leed”-sangeres verduidelik dat die kompetisie gerig is op hoërskoolleerders.

“Kinders vanuit die Overbergstreek wat ouer as 14 is mag aan die kompetisie deelneem.

“Die enigste vereiste is dat hulle leerders aan ’n hoërskool moet wees.”

Karin deel die Karin Kortje Foundation se groot droom saam met ons.

“Ek wil eendag ’n volwaardige musiekskool daar in die Overberg tot stand bring.

Hoop

“Só iets is nodig in ons klein gemeenskappe. Sommige kere gee ’n mens te vinnig hoop op net omdat jy dink dinge is buite jou bereik, maar dan is dit nie só nie. Dinge lyk maar net asof dit buite jou bereik is omdat daar ’n tekort aan hulpbronne en geleenthede is.”

So, as jy ’n talentvolle hoërskoolleerder is of een ken, moet jy hierdie spasie dophou om meer inligting te kry oor die inspirerende kompetisie.

Maar vir nou gaan oefen so lank voor die spieël en werk aan jou craft sodat jy Karin vir ’n ses kan slaan wanneer jy voor haar staan en moet perform.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees