Judges soek ’n slim Mej. SA

akkreditasie
Die openbare beskermer Thuli Madonsela is een van die judges vir vanjaar se Mej. Suid-Afrika-kompetisie.
Die openbare beskermer Thuli Madonsela is een van die judges vir vanjaar se Mej. Suid-Afrika-kompetisie.
verskaf

JY KAN sommer sien in die keuses van judges dat vanjaar se Mej. Suid-Afrika baie meer brains as beauty moet hê.

Die Suid-Afrikaanse openbare beskermer Thuli Madonsela, die bekroonde ondersoekende joernalis Devi Sankaree Govender en die sakevrou Suzette van der Merwe sal hulle aansluit by die heersende Mej. Heelal, Harnaaz Sandhu van Indië, op vanjaar se Mej. Suid-Afrika se judging-paneel.

Die voormalige Mej. Heelal Zozibini Tunzi (2019) en Mej. Wêreld Rolene Strauss (2014) is ook op die paneel.

Thuli soek ’n Mej. Suid-Afrika wat op ’n dringende missie is.

“Ek is op soek na ’n inspirerende leier wat glo in die moontlikheid van ’n meer regverdige wêreld en wat haar rol speel om dit te bou.

Mej. Suid-Afrika is ’n simbool van al die skoonheid wat Suid-Afrika groot maak.

“Sy inspireer hoop, goedheid en dapperheid. Sy streef daarna om diegene rondom haar te voed en soos ’n roos tussen die dorings te blom.

“Sy het die vermoë om grafte in tuine te verander. Ek is op soek na ’n deugsame vrou wat lank wandel in haar geloftes. ’n Vrou op ’n dringende missie.

Lei

“’n Vrou wat nie tot een bepaalde rol beperk is nie, maar die vermoë demonstreer om ’n lewe te lei gevul met doelgerigtheid.”

Devi soek op haar beurt ’n Mej. Suid-Afrika wie se hart in maatskaplike verandering lê.

“Ek soek ’n vrou met intelligensie. Eerlikheid. Dapperheid.

“’n Sterk dryfkrag om maatskaplike verandering teweeg te bring. Behendigheid en ’n skerp sin vir humor!”

Die Mej. Suid-Afrika-kompetisie vind omstreeks 18:30 op 13 Augustus plaas by die SunBet Arena by Time Square, Pretoria.

Dit sal regstreeks uitgesaai word op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161) en M-Net (DStv-kanaal 101).

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
52% - 298 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees