John Legend en vrou verwag nog 'n baba

akkreditasie
John Legend is trots op sy vrou, Chrissy Teigen, se dapperheid. FOTO: Getty Images
John Legend is trots op sy vrou, Chrissy Teigen, se dapperheid. FOTO: Getty Images

CHRISSY Teigen en haar hubby, John Legend, het Woensdag onthul dat hulle hul vierde kind saam verwag.

Chrissy het op Instagram gedeel dat die afgelope paar jaar een van die uitdagendste tye was wat sy nog beleef het, maar hulle is dankbaar dat “nog een op pad” is, natuurlik met verwysing na hul nuwe baba.

“Die laaste paar jaar was vol emosies om die minste te sê, maar vreugde het weer ons huis en harte gevul. Een miljard shots later (die afgelope tyd in die been, soos jy kan sien!) het ons nog een op pad,” het die voormalige Lip Sync-host geskryf.

Huiwerig

Chrissy is baie oop oor die feit dat sy gebruik gemaak het van IVF shots om swanger te word. 

In Oktober 2020 het Teigen die hartverskeurende verlies van haar derde kind, Jack, onthul, wat sy vier maande in die swangerskap weens ’n miskraam verloor het. Hierdie keer erken sy dat sy effens huiwerig was om haar swangerskap aan te kondig, weens die vrees dat dieselfde ding weer kan gebeur.

“Ek het met elke afspraak vir myself gesê: ‘Oukei as dit vandag gesond is, sal ek aankondig,’ maar dan slaak ek ’n sug van verligting om ’n hartklop te hoor en besluit ek is nog net te senuweeagtig.”

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees