Jesse Williams min gespin oor nudes

akkreditasie
Jesse Williams
Jesse Williams
Getty Images

DIE sexy hunk en Grey’s Anatomy-ster, Jesse Williams, het van hom laat hoor oor die nude-video wat viral gegaan het.

Dit volg nadat foto’s en videomateriaal van die akteur van sy Broadway-toneelstuk, Take Me Out, Maandag viral gegaan – omdat hy heeltemal naak in een toneel was.

Williams, wat ook Maandag vir ’n Tony-toekenning genomineer is, speel as gay bofbalspeler in die Richard Greenberg-stuk. 

Baie van die produksie speel af in ’n kleedkamer, en die akteurs speel poedelnaak tydens ’n storttoneel.

Williams het van hom laat hoor tydens die navertoning van ’n episode van Watch What Happens Live.

"Dit is ’n liggaam.

"Sodra jy dit sien, besef jy dit is wat ook al. Dit is ’n liggaam!"het Jesse gesê. 

"Ek moet net maak dat dit nie so groot van ’n deal is nie."

Toe gasheer Andy Cohen vra of dit help dat ’n akteur "goed kan voel" oor hul penis wanneer hy naak op die verhoog gaan, het Jesse geskerts: "Ek sou my so voorstel, maar ek doen nie, so ek weet nie."

Kate Shindle, president van Actors’ Equity Association, se hulle veroordeel in die sterkste moontlike terme die skepping en verspreiding van foto’s en video’s van hul lede tydens ’n naaktoneel.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees