Jamie Bartlett oorlede

akkreditasie

DIE akteur Jamie Bartlett is Maandag oorlede.

eNCA het Maandagaand berig 'n familielid het die dood van die 55-jarige akteur bevestig.

Bartlett is bekend vir sy rol as David Genaro in Rhythm City, wat hy in 2007 begin vertolk het.

Hy is ook bekend vir sy rol as Mike O'Riley in Isidingo en was boonop die eerste persoon om in toneel 1 van die gewilde TV-reeks te praat, toe dit die eerste keer uitgesaai is.

Bartlett was in 1997 in die aksiefliek The Sexy Girls, wat die realiteite van die bendelewe in Kaapstad uitgebeeld het. 

Behalwe dat hy gereeld in die Suid-Afrikaanse, Kanadese hospitaaldrama Jozi-H te sien was, was hy ook 'n judge op SA's Got Talent.

Sy professionele loopbaan het in 1986 begin in die teaterproduksie Cock and Bull, waar hy 'n Vita-toekenning as Mees Belowende Akteur vir sy vertolking van 'n gay bokser gewen het.

'n Jaar later was Bartlett te sien in die produksie East, waarvoor hy 'n Fleur du Cap vir beste akteur gewen het.

Die bekroonde akteur het ook 'n langlys flieks, wat begin het met die Amerikaanse fliek American Ninja 2 in 1987, asook American Ninja 5 in 1993. In 2003 was hy in die romantiese drama Beyond Borders saam met Angelina Jolie en in 2004 as Dirk Hendricks teenoor Hilary Swank in Red Dust.

Sy meer onlangse rolle sluit in dié van Sersant James Gregory in die fliek, Mandela: Long Walk to Freedom.

Bartlett was getroud met die aktrise Camilla Waldman. Die twee het 'n seun saam, en is later geskei.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees