'Indemnity' delf diep

akkreditasie

DAAR is baie meer van homself in sy fliek Indemnity as wat Travis Taute gedink het.

Son wou by die skrywer en regisseur weet of van Wesley Abrams (Qaeed Patel) se eienskappe sy eie as seun was.

Wesley is die seun van Theo Abrams (Jarrid Geduld) en Angela Abrams (Nicole Fortuin).

"Ek het nog nooit so aan die karakter gedink nie. Maar ja, nou wat julle dit vra, daar is 'n bietjie van myself toe ek 'n kind was in Wesley."

Dis nie die enigste eienskap nie. Indemnity gaan oor trauma.

Travis sê in sy eie lewe het hy trauma ervaar as tienerseun met 'n motorfietsongeluk.

"Ek was huiwerig om daaroor te praat of iemand te gaan sien.

"Ek het om my begin kyk en veral na mans van kleur en die stigma wat gekoppel is aan mental health. Daar is die idee van wat 'n man moet wees en hul kwessies word net onder die mat gevee.

"Dit is 'n ongesonde houding en ek wou dit aanraak, dat mans praat oor wat ons pla."

indemnity
Travis (tweede van links) saam met die res van die Indemnity crew.

Met sy navorsing het hy gekyk na trauma van verskeie sektore en veral frontline-werkers.

"Wat my aandag getrek het was brandbestryders, want wat is meer manlik of word so uitgebeeld as 'n brandweerman.

"Binne daai omgewing van manlikheid is daar baie toxic masculinity, want daar is baie trauma, maar wanneer jy rondom die manne is, hoe het jy 'n gesprek oor iets wat gesien word as 'n weakness."

Travis noem dat nog iets wat sy aandag getrek het was dat brandbestryders ongelukkig, wat dikwels grusame tonele is, moet skoonmaak.

"Ek het myself gevra ken ons daardie kant van brandbestryders en die trauma wat dit laat op hulle."

Die vervaardiging van Indemnity het net voor lockdown in Maart 2020 begin.

Travis noem dat reeds voor lockdown was dinge maar gespanne, want mense het die Covid-syfers dopgehou en daar was maar oral onsekerheid.

"Onder vlak-4 kon ons produksie weer hervat, onder streng maatreëls en dit was moeilik en ons moes aanpas. Wat wel uitgestaan het is die positiewe ingesteldheid waarmee almal teruggekeer het."

Travis bieg dat voor hy sy Tom Cruise gekry het, was daar ander akteurs wat vir die hoofrol oorweeg was.

indemnity
Indemnity wys op 13 Mei in plaaslike bioskope.

"Ons is drie keer deur die oudisie proses. Een van die vooroordeelde gedagtes waarmee selfs ons in die oudisies is, is die veralgemene siening van wat 'n brandweerman moet wees.

"Ja, daar was baie akteurs wat fisies in die rol gepas het. Wat egter nodig was, was iemand wat die anker kon wees, met wie die kyker kan vereenselwig.

"Met sy oudisie het Jarrid net kwesbaarheid tot die karakter gebring en toe weet ek dís ons Theo Abrams, wat die emosionele gravitas het."

Travis sê vir hom was dit ook perfek dat Jarrid sy eie stunts wou doen.

"Wanneer ek movies kyk hou ek daarvan om te sien die akteurs doen hul eie stunts. Dit is tog wat Mission Impossible, Mission Impossible maak."

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees