
DIE judges wat Mej. Suid-Afrika 2022 gaan uitsoek, is Donderdag bekend gemaak.
Hulle is vorige beoordelaar en Mej. Suid-Afrika 2015, Liesl Laurie-Mthombeni, die aktivis vir body positivity Tracey-Lee Lusty Horwitz, die sakevrou Koo Govender, modeontwerper Khosi Nkosi, die sakevrou en bekroonde redakteur Makhosazana Zwane-Siguqa, die aktrise Simoné Nortmann en laastens die aktrise en TV-persoonlikheid Thando Thabethe.
Laurie-Mthombeni, wat geen vreemdeling vir die Mej. SA-beoordelaarspaneel is nie, het gesê sy is dankbaar vir hierdie geleentheid en sy neem nie die geleentheid as vanselfsprekend aan nie.
“Om deel te wees van die Mej. Suid-Afrika-beoordelaarspaneel is altyd vir my so ’n eer, want ek is deel van ’n groep ongelooflike kragtige vroue wat saam sit en die volgende ambassadeur vir Suid-Afrika kies. Dit is in wese ’n vrou wat ons internasionaal gaan verteenwoordig.
Om op hierdie paneel te sit is iets wat ek nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Ek verstaan ??dat dit ’n groot werksonderhoud is en ek moedig altyd die deelnemers van die kompetisie aan om dit so te hanteer.”
Die top-30 sal Maandag bekendgemaak word.