
HOW To Ruin Christmas keer vol drama terug met die derde seisoen getiteld The Baby Shower.
Ná twee chaotiese, skreeusnaakse en dramatiese Kersfeeste herenig die Sellos en Twalas om die naderende koms van Beauty (Thando Thabethe) en Sbu (Sandile Mahlangu) se bondeltjie vreugde te vier.
Die verhoog is gereed vir ’n kragmeting tussen die twee gesinne met ’n gesonde aantal ongelukke, vetterige geheime en ja, hulle is lekker sappig ook!
Denise Zimba, wat Zama speel, sluit by die formidabele rolverdeling aan - ’n hupse en vasberade slay queen wat meer chaos na ’n alreeds dramatiese baby shower bring.
Al die drama lei weer tot ’n verwoestende Kersfees vir die families.
Eksklusief
Die eerste twee aflewerings – How To Ruin Christmas: The Wedding, en How To Ruin Christmas: The Funeral – is in onderskeidelik 2020 en 2021 onder kritieke lof vrygestel en word eksklusief op Netflix gestroom.
How To Ruin Christmas: The Baby Shower word later vanjaar uitgereik.
Ons kan nie wag vir propvol drama-reeks nie!