‘Gebruik jou stem’

akkreditasie
Jodi Jantjies glo vroue moet die krag van hul stemme en hul platform gebruik om uit te praat.
Jodi Jantjies glo vroue moet die krag van hul stemme en hul platform gebruik om uit te praat.
verskaf

“DIE gees is hoog – vroue word nou meer as ooit gevier... Dit is verfrissend”

Dít is die woorde van die jong dame, wat eens op ’n tyd gespot is, en ’n lae selfbeeld gehad het as gevolg van haar spraakgebrek.

Jodi Jantjies het sedertdien ’n lang pad gestap en wil hê vrouens moet uit haar ervarings leer hoe om daardie negatiewe gedagtes te oorkom. Die 22-jarige is dankbaar vir die platform wat sy het waar sy haar gawe kan gebruik om oor haar vorige terugslae te praat.

Sy sê terwyl vroue in ons land, nes haar, soveel probleme ondervind, voel sy dat vroue die krag van hul stemme en hul platform moet gebruik om uit te praat.

Ontsnapping

“Meer vroue moet vroue hoor praat en hul stemme verhef sodat ons almal deur mekaar se dapperheid en krag bemagtig word,” sê sy.

Jodi Jantjies
Jodi benadruk dat jong vroue in die bedryf kwesbaar is vir uitbuiting.

Dit was iets wat vir haar gewerk het tydens haar tyd van twyfel en onsekerheid. Sy het ’n ontsnapping geïdentifiseer – musiek. Toe sy grootgeword het, is haar spraakgebrek een van die struikelblokke wat sy moes oorkom, maar dit was nie die geval toe sy gesing het nie. Jodi het toe hierdie gawe gebruik om haar getuienis te deel om ander te moedig.

“Ek het van kleins af die wonderlike geleentheid gehad om my waarheid deur musiek uit te leef, om myself te bemagtig en om te leer wie ek is. Ek kan my net indink watter impak dit op die wêreld sal hê as vroue op ’n jong ouderdom geleenthede gegun word om dinge te waag.”

As dit by kunstenaar-wees kom, sê sy jong vroue in die bedryf is kwesbaar vir uitbuiting: “Ek dink dit is belangrik om ’n span te hê wat jou en jou kunsvlyt respekteer.

“’n Span wat jou ondersteun en bowenal vir jou omgee. ’n Veilige ruimte is nodig vir jou om te floreer in jou kunsvlyt.”

Terwyl sy nadink oor waar sy voorheen was, is Jodi se raad aan haar jonger self om sterk te wees.

“Dit is nie altyd maklik om jou storie te vertel nie, maar moed kom daarvan om te sien hoe ’n ander persoon bemagtig en sterk voel as gevolg van jou dapperheid om jou waarheid te vertel.”

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees