GINO Thaysen Produksies gaan binnekort oudisies hou vir hul 2022 Exposé the Fashion Showcase.
Die produksie se doel is om ’n platform te skep vir opkomende modelle, dansers, sangers en ontwerpers.
Een van die organiseerders, die model Tan-Ween Dass, verduidelik: “Daar is geen vereistes of ondervinding nodig nie. Wees net jouself.
“Alle ouderdomsgroepe, van twee jaar en op en alle rasse is welkom om deel te neem aan die oudisie.
“Die produksie gaan ’n cast van meer as 150 performers nodig het. Dit is ’n produksie vir die hele familie en ’n geleentheid van ’n leeftyd vir die deelnemers.
“Ons wil ook hierdeur ons gemeenskappe uplift. Daar is hope talent in ons gemeenskappe, maar dit word nie raakgesien nie.”
Dansers en singers moet ’n een-minuut-vertoning voorberei – sonder musiek natuurlik.
Oudisies vind plaas op Saterdag 28 Mei 2022 om 09:00 te Newfields Primêre Skool in Newfields, Kaapstad.
Dress code is all black en dames moet hoëhakskoene saambring.