Dramaturge, skryf in

akkreditasie

AANDAG, alle opkomende dramaturge!

Creatives wat graag hul werk op ’n professionele verhoog wil sien, kan nou aansoek doen vir deelname aan die Jong Sterre-mentorskapprogram.

Dié projek word deur die Suidoosterfees, NATi, die Jakes Gerwel-stigting, Kunstekaap en Kunste Onbeperk aangebied. Dit onderskraag belowende skrywers deur hul verhoogtekste te ontwikkel, af te rond en by die Suidoosterfees op te voer.

Jy sal moet spring om aansoek te doen, want die sluitingsdatum is 27 Mei 2022.

By vanjaar se Suidoosterfees, wat onlangs in Kaapstad aangebied is, het vyf dramas deur NATi Jong Sterre gedebuteer: Stephren Saayman met die klug Dankie, Maar Nee Dankie!; Heloïne Armstrong se Maanskyn en Dorings; Melissa Myburgh met die tragikomedie Met Liefde, Vincent; Henque Heymans met Oom Bey, My Pa en Jane Mpholo met The Dawn.

Verhooggereed

Die mentorskapprogram sluit ’n skrywersresidensie van drie weke in Somerset-Oos in.

Daar gaan deelnemers hul tekste onder leiding van die aktrise en teatermaker Lee-Ann van Rooi verhooggereed kry. Die skrywersverblyf in die Jakes Gerwel-stigting se Paulet-huis duur van 25 Julie tot 14 Augustus 2022.

Daarná word die tekste onder leiding van Rafiek Mammon in teaterproduksies omskep wat in 2023 by die Suidoosterfees in Kaapstad op die planke sal wees.

Uittreksels uit die tekste sal ook later vanjaar by die KKNK Teksmark opgevoer word.

Voornemende aansoekers moet teen 27 Mei 2022 ’n e-pos na Theo Kemp stuur by theo@jgf.org.za.

Aansoeke moet insluit die teks van ’n nuwe toneelstuk in Afrikaans of Engels, of ’n uittreksel uit ’n nuwe teks, ’n kort CV, asook ’n motiveringsbrief vir deelname aan die program.

Geen toneelstuk wat reeds opgevoer is of wat klaar deur die proses van teksontwikkeling gegaan het, sal oorweeg word nie.

Suksesvolle kandidate se name sal op 24 Junie 2022 aangekondig word.

Sinergie

Oor die NATi Jong Sterre-projek sê Jana Hattingh, die Suidoosterfees se uitvoerende hoof: “As ’n fees wat ’n sterk fokus op ontwikkeling plaas, is ons besonder trots op die projek.

“Nie net word geleenthede vir belowende kunstenaars geskep nie, maar sinergie tussen jong en gevestigde kunstenaars is deur al die fases van die projek verweef.”

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees