
DIE Bay Harbour Market in Houtbaai beplan die naweek iets opwindends vir sy gehoor.
Hy het die fabulous drag queens Gilardi en Manila von Teez genader om market-gangers Vrydag te vermaak.
En jy weet mos nou al as die queens die stage vat, gaan jy lekker saamsing, jou laat swaai en in ’n toestand van euforie bly van begin tot einde.
Die verhoog sal verlig word met al die wonderlike moves, gees en kwaai outfits soos net Kat en Manila dit kan doen.
Aksie
Jy kan op 13 Mei 2022 aansluit en die Drag Show kyk waar jy Kat en Manila in aksie kan sien en jou naweek op die regte noot kan begin.
Moenie spyt wees dat jy so ’n onvergeetlike oomblik misgeloop het nie.
Die mark en al die handelaars sal operasioneel wees en is paraat om jou te dien.
Bay Harbour Market is elke Vrydag van 17:00 tot 21:00 oop en elke Saterdag en Sondag van 09:30 tot 16:00.