Doen dit vir die vroue

akkreditasie
Keanu Harker wil vroue vier met sy showLadies Night op 13 Augustus.
Keanu Harker wil vroue vier met sy showLadies Night op 13 Augustus.
verskaf

DIE skitterende sanger en liedjieskrywer Keanu Harker van Belhar gaan vroue hierdie maand serenade.

Keanu wil vroue met styl vier met ’n Ladies Night-vertoning in The Wave Theatre in Kaapstad.

Die vertoning van 13 Augustus word deur KL Entertainment aangebied en spesiale gaskunstenaars sal saam met hom op die verhoog wees om tot ’n onvergeetlike aand by te dra.

Jy sal ook die kans kry om die 26-jarige musikant, bekend vir sy liefde vir motiverende en opbouende musiek, se nuwe musiek te hoor. Hy beloof om sy splinternuwe song “No More”, covers en crowd favourites en musiek van sy eerste album getiteld, Ek Glo in My, te doen.

“Om op die verhoog te wees en regstreeks voor ’n gehoor op te tree, is een van my gunstelingdinge om as musikant te doen.

Vreugde

“Ek hou daarvan om betrokke te raak by diegene wat die tyd geneem het om my musiek te waardeer en ek ontvang soveel vreugde uit hulle interaksies terwyl ek sing.”

Keanu
Keanu Harker gaan sy nuwe song “No More” by sy Ladies Night-vertoning doen.

Hy verduidelik wat ons by die konsert kan verwag.

“Hierdie konsert gaan nog ’n prettige ervaring wees en ek moedig almal aan om uit te kom en die vertoning te ondersteun,” sê hy.

Dié musikant word omring deur sterk vroue wat hom elke dag leer hoe om ’n beter man te wees.

“Ek is lief vir al die vroue in my lewe, want hulle speel almal verskillende rolle in my lewe. My vrou is my grootste ondersteuner en hou my gesond te midde van alles wat buite gebeur. My ma het my soveel waardes geleer om die man te wees wat ek vandag is.

“My ouma is ’n regte prayer warrior wat my drome en doelwitte ondersteun. My suster, wat my nederig hou en my ook soms berispe, en daar is soveel vriende wat in verskillende areas van my lewe voorkom.

“So, al dié vroue balanseer al die aspekte van my as ’n man, seun, broer, kleinseun, vriend en kunstenaar.”

Eerste

Keanu het as ’n finalis in reeks 3 van The Voice SA in 2019 die eerste keer die aandag van gehore getrek. Hy het sedertdien saam met musiekgrotes nasionaal en internasionaal opgetree.

Hy het sy eerste album in November 2021 uitgereik en steun op sy optimistiese liedjieskryfstyl.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees