Dis weer Jazzathon-tyd

akkreditasie
sulke tyd: Die Jazzathon is in full swing vanjaar terug.         FOTO Verskaf
sulke tyd: Die Jazzathon is in full swing vanjaar terug. FOTO Verskaf

DIE gewilde Cape Town Jazzathon vier vanjaar sy 25ste bestaansjaar by die Grand Arena, GrandWest.

Die Jazzathon, ook bekend as The People’s Festival, is ’n veelsydige Kaapstadse projek wat jazz in al sy vorme bevorder, insluitend regstreekse optredes, opvoedkundige werkswinkels, toekenningsprogramme en multimedia-inhoud regdeur die jaar, wat dan tot die aanhangers-gunsteling, die jaarlikse fees, lei.

Craig Parks, feesdirekteur, sê terwyl die formaat dramatiese veranderinge moes ondergaan sodat die geleentheid die nuwe normaal kon oorleef, is nog ’n noemenswaardige verandering die lokaal.

Die Jazzathon vind plaas van 17 tot 19 Junie 2022.

Daar sal vertonings wees op Vrydag 17 Junie om 20:00; Saterdag 18 Junie om 15:00 en 20:00 en Sondag 19 Junie om 15:00.

Daar is ’n kaartjie-limiet van 10 kaartjies per persoon en per kredietkaart op hierdie geleentheid.

Covid-19-protokolle sal in plek wees en enige iemand wat die Jazzathon wil bywoon, moet ingeënt wees.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees