Dís vrouwees vir Karin Kortje

akkreditasie
Karin Kortje deel haar sieninge oor vrouwees.
Karin Kortje deel haar sieninge oor vrouwees.
verskaf

DIE geliefde sangeres Karin Kortje glo vas dat dit ’n voorreg is om ’n vrou te wees.

Ons het die week saam met die “So Ready”-sangeres gepraat oor wat dit vir haar beteken om ’n vrou te wees.

Die Idols SA-wenner meen die lewe vir vroue sal makliker en veiliger wees as almal sterk staan teen geweld teenoor vroue.

“Ons as ’n gemeenskap moet ons ontferm en saamstaan teen die euwel genaamd geslagsgebaseerde geweld.”

Karin het ook ’n prentjie geskep oor hoe vroue in die vermaakbedryf nie erkenning kry vir die harde werk wat hulle insit nie.

“Die bedryf is definitief meer in favour van mans as vroue. Sekere mans in die bedryf gebruik hulle posisie om vroue minderwaardig en soos niks te laat voel.

“Jy as vrou moet dubbel die hoeveelheid pogings aanpak om erkenning te kry vir jou bydrae in die industry. Sekere mans in die bedryf span saam om sterk vroue te vernietig. Dit is iets wat nie maklik uitgeroei kan word nie.”

Dié boorling van Grabouw vertel sy moes sterk staan om haar stem in die bedryf te kry.

Rushney
Die talentvolle Rushney Ferguson het die vertoning Karin Kortje in Cabaret gechoreografeer.

“Deur trane, verwyte, valse beskuldigings te process, aanvaarding te vind en aan te beweeg daarvan.”

Sy vertel dit was ’n moeilike proses, maar sy het geleer om dikvellig te raak en dinge deur te sien.

Niemand kan ontken dat Karin ’n sterk en unieke stem het nie en sy vertel dis daai einste stem wat sy gebruik om nie net haarself te bemagtig nie, maar ook ander vroue. Sy moedig ander vroue aan om ook hulle stem daar buite te laat hoor, al gaan dinge opdraand.

“Jy is meer werd as dit wat huidig met jou gebeur. Laat jou stem hoor, anders gaan jy vergaan. Ons verstaan wat jy deurmaak. Ons weet dit is moeilik, maar daar is lig aan die einde van die tonnel.”

Karin is een van die kunstenaars wat in die Kunstekaapteater se Vrouemaandvieringe gaan optree. Julle kan die inspirerende sangeres op 5 en 6 Augustus in die vertoning Karin Kortje in Cabaret sien.

Sy vertel wat ons tydens die vertoning kan verwag.

“Dit handel oor die inspirerende storie van ’n vrou wat haar droom prysgegee het omdat sy gedog het sy’t die liefde van haar lewe gevind.

Vertolk

“Sy het gou genoeg besef sy’s meer werd as haar omstandighede en het ’n besluit geneem om haar stem, haar menswees terug te vat en vorentoe te kyk met nuwe hoop en dryfkrag. Haar passie vir musiek het haar kom red.”

Karin vertolk die rol van Betty in ’n kabaretvertoning uit die 1920’s. Die vertoning beloof om ’n skouspel van dans, aantrek, sang en glans te wees.

Hierdie aanloklike verhaal is perfek deur die talentvolle Rushney Ferguson gechoreografeer en deur Kyra Loubser geskryf. Kaartjies is beskikbaar op computicket.com.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees