Cosby ná 48 j. guilty bevind

akkreditasie
Bill Cosby het byna 50 jaar gelede ’n tiener in die Playboy Man­sion seksueel aangerand.
Bill Cosby het byna 50 jaar gelede ’n tiener in die Playboy Man­sion seksueel aangerand.
Foto Verskaf

DIE sekspes Bill Cosby het byna 50 jaar gelede ’n tiener in die Playboy Mansion seksueel aangerand.

Dit was Dinsdag die bevinding van ’n jurie in Kalifornië in die eerste siviele uitspraak teen die veteraan-vermaaklikheidster ná tientalle aantygings.

Judy Huth, nou 64 jaar oud, is $500 000 (sowat R8 miljoen) skadevergoeding toegeken nadat die jurie in Santa Monica vasgestel het Cosby het haar in 1975 gemolesteer toe sy net 16 jaar oud was.

Dit het gebeur nadat hy haar op ’n filmstel ontmoet en saam met haar alkohol gedrink het.

Die saak is die enigste suksesvolle een teen Cosby (84), wat daarvan beskuldig word dat hy sy roem misbruik het om etlike dekades lank op vroue jag te maak.

Hy is in ’n aparte strafsaak in 2018 in Pennsilvanië in die VSA tronk toe gestuur omdat hy ’n vrou bedwelm en gemolesteer het, maar is verlede jaar vrygelaat toe sy skuldigbevinding op ’n tegniese punt omgekeer is.

In ’n siviele verhoor van twee weke, wat Cosby nie bygewoon het nie, het lawyers gesê hy het Huth en haar destyds 17-jarige vriendin, Donna Samuelson, na Hugh Hefner se herehuis begelei nadat hy hulle op ’n filmstel ontmoet het.

Soen

Die jurie het gehoor hoe Huth alleen met Cosby was, hoe die akteur haar begin soen het en sy hande in haar klere probeer steek het.

Hulle is vertel hoe hy toe sy broek afgetrek en haar gedwing het om ’n seksdaad met hom te doen.

Die lawyer Nathan Goldberg het gesê Huth het herinneringe van dié aanranding jare lank onderdruk, maar dit het vir haar na vore gekom toe ander vroue hom begin beskuldig het dat hy hulle aangerand het.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees