Bekende derras gevier

akkreditasie
AKA se eks en baby momma, DJ Zinhle, het hulde aan hom op Vadersdag gebring oor hy so ’n goeie pa vir hul dogter, Kairo, is.
AKA se eks en baby momma, DJ Zinhle, het hulde aan hom op Vadersdag gebring oor hy so ’n goeie pa vir hul dogter, Kairo, is.
Twitter

SONDAG was Vadersdag en ons kyk vandag hoe ons gunsteling-celebs hul derras en hul baby daddies gelukgewens het.

Sommer heel eerste op die lys is Kim Kardashian en Kanye West. Die mammie van vier het haar eksman ’n gelukkige Vadersdag toegewens.

“Dankie dat jy die beste pa vir ons babas is en dat jy hulle liefhet soos hulle is!”

Die momager en sakevrou Kris Jenner het ’n uitgebreide foto-collage van haar mixed familie gedeel en hulde gebring aan die baie baby daddies van die Kardashian-Jenner-stam, insluitend haar seun, Rob Kardashian, Scott Disick, Travis Scott, Kanye West, Caitlyn Jenner, Tristan Thompson en Travis Barker.

Justin Bieber het ook hulde aan sy derra gebring. Hy skryf in die sosiale media: “Lief vir jou, pops! Gelukkige Vadersdag! Soveel om na uit te sien. Die beste lê nog voor ons! Geëerd om jou seun te wees.”

Opskudding

Terug hier in Mzansi het plaaslike celebs nie geskroom om hul mans en derras spesiaal te laat voel nie.

Rachel Kolisi, die Springbokkaptein Siya Kolisi se vrou, het ’n foto van haar pa en skoonpa gedeel, asook een van Siya met hul kinders en sy sibbe.

“Vadersdag met ons gunsteling @siyakolisi. Ons is lief vir en waardeer jou meer as wat jy weet. Dankie dat jy gekies het om aan te hou leer en groei, as ’n man, eggenoot en pa. Dankie vir genesing.”

DJ Zinhle het nogal opskudding in die Twitterstrate veroorsaak toe sy haar baby daddy die rapper AKA gelukwens op Vadersdag. Die rumoer oor haar gelukwensing aan AKA het glad haar post vir haar huidige kêrel en baby daddy, MurdahBongz, heeltemal oorskadu.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
40% - 40 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
20% - 20 stemme
Eskom se push
32% - 32 stemme
Gee my krag, elke dag
6% - 6 stemme
Wat is load-shedding?
1% - 1 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees