Amigo stiek yt by jeugmark

akkreditasie
Mario Laaistock, a.k.a. Amigo, tree Saterdag by die Multi-Activity Youth Market op.
Mario Laaistock, a.k.a. Amigo, tree Saterdag by die Multi-Activity Youth Market op.
verskaf

DIE blinde sanger en rapper Mario Laaistock, a.k.a. Amigo, tree Saterdag by Hanover Park wyk 47 se Multi-Activity Youth Market op.

Amigo sal die verhoog met plaaslike gunstelinge deel soos Heinz, Craig Lucas, Robin Pieters en DJ Sophia.

Mario se twee liedjies saam met Bliksemstraal het viral gegaan in alle townships van Kaapstad en George tot Windhoek in Namibië.

Mario het grootgeword met soul, jazz en funkmusiek van kunstenaars soos Barry White, Luther Vandross, Randy Crawford en Sade.

Soos wat hy ouer geword het, het hy na die lirieke van Naughty By Nature, Snoop Dogg, Dr Dre, Nate Dogg, Warren G, DMX sowel as Funny Carp, Garlic Brown, Scally Wag en Brasse Vannie Kaap begin luister en dit bestudeer.

Inspirasie

Mario se ware inspirasie het gekom van wyle Devious van Mitchells Plain.

Hy sê hy was weggeblaas deur die eerlike lirieke, storievertelling en ervarings van grootword in Mitchells Plain.

Dis toe dat Suid-Afrikaanse hip-hop vir die rapper meer sin begin maak het. Dit het hom ook die selfvertroue gegee om sy eie lirieke te skryf.

Hy het in 2018 lid van die ATKV Crescendo-sangspan geword waar hy liedjieskryfwerksessies bygewoon het. In 2019 is sy liedjie “Koud Daar Buite” gekies vir die Crescendo-finaal.

Dié enkelsnit is uitgereik en kan steeds op verskeie radiostasies gehoor word.

Aan die einde van 2019 het Mario en Bliksemstraal die liedjie “Body” geskryf en vervaardig. Teen 2020 het “Body” ’n viral treffer oral in die hele Wes-Kaap geword.

Mario sal ook Saterdag sy eie brand kleredrag by die jeugmark verkoop.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees