Afwesige pa’s is fokus van stuk

akkreditasie
SOEKE: Die toneelstuk vertel die verhaal van twee seuns wat hul pa’s soek en in die proses dinge leer wat hulle nie geweet het bestaan nie.
SOEKE: Die toneelstuk vertel die verhaal van twee seuns wat hul pa’s soek en in die proses dinge leer wat hulle nie geweet het bestaan nie.
Marcel Swanepoel

AFWESIGE (swart) pa’s. 

Dít is die tema van die toneelstuk Four Fathers: Bananas for the Baboons.

In die toneelstuk is twee jong seuns op soek na hul pa’s. Tydens hul reis ervaar hulle dinge wat hulle nooit gedink het eens bestaan nie.

Die toneelstuk kyk na drie geskiedkundige gebeure soos die eerste 15 jaar van apartheid, die Bambatha Rebellions van 1906 en die 1856 Cattle Killing Movement. Die twee ontdek dat mans aan die voorpunt is van die fights, en vra hulself: waar is die pa’s en hoe het kolonialisme, met sy nageslag van apartheid, bygedra tot die afwesigheid van swart pa’s?

In die rolverdeling is Buhle Qinga, wat te sien was in die toneelstuk Thank You For Your Service, en Sivuyile Dunjwa, wat te sien was in Heart of Redness. Hierdie produksie is die opkomende jong skrywer Kitso Seti se debuut as regisseur.

Dié teatermaker en musikant het ’n meestersgraad in politiek en sy navorsing is gefokus op hoe swart (bewussyn-) teater gebruik kan word om mense bewus te maak en te laat sin maak van swart positionality in die wêreld.

Seti verduidelik: “Afrika ly aan baie dinge weens kolonialisme en die verbrokkeling van swart families is een daarvan.

“Die produksie is my deel aan die voortdurende soeke na swart stemme om swart stories te vertel.”

  • Four Fathers: Bananas for Baboons is van 3 tot 20 Augustus by die Baxter- teater te sien.
Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
52% - 298 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees