
DIE “I drink Wine”-sangeres Adele is terug en hierdie keer het sy en haar berk, Rich Paul, vir hulle saam ’n nuwe nessie gekoop.
Die Engelse sangeres, wat bekend is vir haar lang sosiale media-verdwyning, bring nou baie tyd in die VSA deur.
Natuurlik om naby haar liefie, ’n Amerikaanse sportsagent te wees. In ’n onlangse Instagram post het die Grammy-bekroonde kunstenaar ’n nuwe herehuis van $58 miljoen, sowat R934 miljoen, in Los Angeles in ’n reeks foto’s saam met haar berk gewys.
Die tweetjies is verlede Julie vir die eerste keer saam gesien, toe hulle op ’n date was by ’n basketbalwedstryd in New York City.
Die 31-jarige liedjieskrywer het haar egskeiding bevestig met haar hubby en baby daddy, Simon Konecki.
Adele lyk baie happy saam met haar nuwe berk en noudat hulle ’n huis saam gekoop het, is dit seker ’n aanduiding dat hulle baie ernstig oor mekaar is?