SABC2 se omgewingsprogram 50/50 maak op Maandag 4 Julie om 19:00 ’n terugkeer.
Met ’n nalatenskap wat oor 34 jaar strek, is 50/50 die langste omgewings-TV-program in die wêreld.
Aarde
Die beeldskone Kia Johnson keer terug as aanbieder en Albertus Louw bly gasheer vir die “Veldfokus”-segment.
Die program leer kykers oor omgewingskwessies wat elke mens, plant en dier op aarde raak.
SABC beloof reeks 11 van 50/50 gaan alles daaroor om inligting te deel, aksie aan te moedig en kykers te inspireer om deel van die oplossing te word.
“Die program is ook gevul met praktiese idees wat ons almal in ons daaglikse lewe kan gebruik om ons omgewing ’n beter plek te maak, wat die idee aanmoedig dat miljoene klein dingetjies die groot dinge word wat uiteindelik die verandering skep wat die planeet nodig het,” lui die nuusverklaring deur SABC2.
In hierdie insiggewende reeks vier hulle die gemeenskapsaktiviste en die wetenskaplikes wat ongelooflike en innoverende werk in die omgewingsarena doen en ons groot en klein projekte wys.