Ná daai payment voel Trudie vere oor haar optrede

akkreditasie

HAAI, Sonlanders! Dean Cloete is terug en lê besoek af by Huis Harmonie na 'n steurende oproep van Katinka.

Sy grootste vrees word 'n werklikheid. Katinka het verdwyn en niemand het 'n clue wat van haar geword het nie. Sal Dean haar betyds in die hande kry? Geniet nou die derde hoofstuk van GWEN KORDOM se verhaal “Katinka”.

KATINKA is bly die nag is verby. Sy probeer fokus op die toets wat voorlê.

Trudie stap dikmond verby haar by die deur uit. Katinka staar haar nadenkend agterna.

’n Paar uur later is Katinka die eerste van die drie in die kamer. Terwyl sy alleen is, besluit sy om vir Dean te bel. Ná die oproep voel sy meer gerus.

Nou kan sy konsentreer op die verhaal waaraan sy skryf.

Trudie waai by die deur in. Daar rus ’n glimlag op haar gesig. “Katinka net die meisie wat ek soek.” Sy staan met twee foam cups, een in elke hand.

“Ek het vir ons koffie gekry. Dis om op te maak vir gisteraand. Jammer ek was so ’n draak.” Sy oorhandig die een koppie aan Katinka.

“Dankie, dit gaan lekker wees,” sê Katinka ingedagte.

“Ek hoop jy is meer kwaad nie.”

“Ek sou seker ook so gereageer het,” antwoord Katinka.

Sy neem ’n sluk van die warm koffie.

Dit brand haar tong effens, maar stuur ’n warm sensasie deur haar lyf. Katinka voel Trudie se oë op haar. Sy verstaan nie die skielike lighoofdigheid nie.

Dan besef sy dis oor sy niks vir die dag geëet het nie. Wanneer sy stres, kan sy gewoonlik nie eet nie.

Sy neem ’n tweede mondvol van die koffie in die hoop dat dit haar leë maag sal vul.

Haar oë voel dik en haar tong skielik te swaar om te praat.

Sy kyk na Trudie, wil iets sê, maar haar tong steek vas. Uit die hoek van haar oog sien sy beweging. Deur die wasigheid besef sy dis ’n man.

Hy kry haar in ’n stewige greep beet en stuur haar by die deur uit.

Agter haar kan sy Trudie se stem hoor, maar die woorde is onduidelik. Wie is die man? Katinka weet sy moet iets doen. Soos gil om iemand se aandag te trek. Maar skielik is dit asof daar ’n totale lamheid oor haar lyf gekom het.

Haar stem is net ’n fluistering. Sy wonder hoekom Trudie haar nie help nie.

Aan die buitekant kan Katinka skaars tien treë voor haar sien. Sy hoor ook nie meer vir Trudie nie. Dan voel sy hoe iemand haar op ’n motorsitplek druk. Nie lank daarna nie beweeg die motor.

Skermgrepe flits verby haar. Realiteit skop in en die besef dat sy pas ontvoer is, laat haar duiselig.

In Huis Harmonie se deur kyk Trudie hoe die motor verdwyn.

Nadat sy seker gemaak het daar is niks oë rondom haar nie, vat sy pad kamer toe. Daar gekom, haal sy die note uit haar broeksak.

Die maklikste vierduisend rand wat sy in haar lewe gemaak het.

Nou kan sy alles koop wat sy benodig vir die res van die maand. Sy voel nie sleg oor wat pas het gebeur het nie.

Meisies soos Katinka Huisamen irriteer haar met hul holier-than- thou act.

Katinka is van die slimstes hier op kampus. Altyd bo-aan die punteleer.

Dink mos die son skyn uit haar agterent. Katinka Huisamen het nie ’n clue hoe die regte wêreld werk nie. Sy lewe mos alewig met haar kop in die wolke.

Sy sal binnekort hard aarde toe kom.

Die wêreld is wreed en swakkelinge soos Katinka word met een hap opgeslurp.TOE Katinka wakker word, voel dit asof ’n trein oor haar geloop het. Sy vee oor haar oë. Haar bril is weg.

Toe sy bewus word van haar omgewing, word sy ook bewus van iets anders. Iemand het aan haar gepeuter.

Haar oë is soekend in die donker, maar sy word niks wys.

Dis net die duisternis wat haar wil verswelg.

Dan lê sy boonop poedelnakend op ’n dun matras wat ruik asof iemand dit op ’n ashoop gevind het. Die vertrek voel vreemd, koud en kaal.

Sy is naar, haar kop dronk en haar bene morsdood. Sy lig haar voorlyf en voel ? skietpyn deur haar lyf trek. Katinka sluit haar oë.

Die realiteit van wat met haar gebeur het, tref haar soos ? skoot koue water in die gesig. Haar enigste troos is die feit dat sy bewusteloos was.

Sy kon niks voel of hoor nie. Rou snikke skeur deur haar lyf.

Is daar werklik sulke onmenslike barbare in hierdie wêreld? Katinka weet nie hoe lank sy so in die donker lê en huil het nie, maar skielik word sy bewus van iets. ’n Vreemde geluid.

Is hier iemand saam met haar in die vertrek?

Dié keer kan sy duidelik die geskuifel oor die vloer hoor. Is dit mens of dier?

Sê nou dis een van daardie groot dreinrotte wat aan ? mens knaag?

“Nou is nie die tyd vir histerie nie, Katinka,” praat sy hardop met haarself.

Haar senuwees is flenters. ’n Skielike stilte het oor die vertrek gedaal.

Katinka is doodseker die rot kyk vir haar. Sy kan die gulsige oë op haar voel.

Al die boeke wat sy gelees het en skielik onthou sy niks oor rotte nie. Wie doen in elk geval navorsing oor rotte?

Die enigste ding wat sy nou kan doen, is kalm bly en wag.

Katinka verstyf toe iets koud teen haar voet stamp. Haar borskas deins op en af terwyl sy wag dat die dier sy tande in haar vel slaan.

Haar bloedstollende gille weerklink deur die vertrek toe koue vingers om haar enkel sluit.DEAN Cloete weet wanneer iemand lieg. Trudie van Jaarsveld vermy oogkontak en sit en vroetel al die heeltyd met haar hande, soos een wat nie weet wat om daarmee te doen nie.

Haar kykers vlieg ook die heeltyd na waar Mathilda Wieseman teen die muur staan. Mathilda staar egter met ’n onsierlike frons deur die venster na buite. Natuurlik dood bekommerd oor Katinka.

Dean wens hy kon haar verseker alles gaan okay wees, maar dinge lyk nie goed nie.

“Trudie?”

“Soos ek alreeds gesê het – ek nie Katinka nie met ’n oog gesien nie. Die laaste keer wat ek haar gesien het, was vanoggend.

“Toe ek die middag hier aankom, was hier niemand. Ek het aangeneem sy en Mathilda sit iewers in ’n koffiewinkel of iets.”

Dean besluit aanval bly die beste taktiek. “Is jy doodseker jy het Katinka nie hier in die kamer raakgeloop nie? ”vra Dean.

Dié keer sien hy die skrik op haar gesig. Hoe sy angstig oor haar lippe lek en vlugtig na Mathilda loer.

“Ja, ek is seker. Hoekom?” wil Trudie in ’n dun stemmetjie weet.

  • Lees môre verder
Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees