Katinka verdwyn en Dean vermoed dadelik die ergste

akkreditasie

HAAI Sonlanders! Katinka Huisamen is in groot moeilikheid. Haar sin vir reg en geregtigheid het haar in die verkeerde mense se visier geplaas. Sy is dan ook doodseker iemand is op haar spoor toe 'n gemaskerde man besoek aflê sonder om 'n dooie woord te sê. Wat is haar volgende stap? Geniet gerus die tweede hoofstuk van GWEN KORDOM se verhaal “Katinka”.

Dean Cloete staar na sy gesig in die spieël. Hy vryf ingedagte aan sy dae-oud stoppelbaard. Sy swart oë vertoon glasig. Nuwe lyne langs sy oë verdiep die moegheid op sy gesig.

Vroue vind hom aantreklik, veral met sy sportiewe liggaamsbou en vasvat hande maar op hierdie oomblik voel hy alles behalwe dit. Hy is lewensmoeg. Daar is 'n leegheid in sy blik en ? leemte in sy hart. Twee maande. Dis hoeveel tyd hy nou al aan die nuwe projek bestee het.

Die projek waarby hy vermiste vroue en kinders probeer opspoor. Dean het van sy erfgeld gebruik om 'n gebou in die stad te koop.

Daarby moes hy duur toerusting aanskaf en twee I.T ouens aanstel om te help. Tog voel dit vir hom asof hulle nêrens kom.

Daar is wel een sukses storie, maar dit was voor hy besluit het om die projek aan te pak. Die rede hoekom hy vandag hier staan.

Die storie oor sy niggie, Shantell. Dean het haar weke vantevore uit 'n bordeel in Brackenfell gered. Hy het byna met sy eie lewe daarvoor geboet.

Tog het geregtigheid seëvier en was daar belangrike rolspelers in die reddingspoging. Soos die ondersoekbeampte, Micheal Donalds, een van Shantell se vriendinne, Katinka Huisamen en Gino Kwartet, 'n hanteerder vir die mensehandel-sindikaat waarby Shantell ingesleep was.

Aan Shantell se vordering het Dean besef dat so 'n ondervinding lewenslange letsels laat. Haar ouers probeer hul bes.

Die laaste nuus wat hy ontvang het is dat Shantell haar studie in onderwys deur Unisa voortsit. Sy praat nie juis oor wat gebeur het nie. Daar is oomblikke wat sy net in die verte staar.

Asof sy dan op 'n ander plek is volgens haar ma, Tant Miems. Sy lewe. Dis al wat belangrik is maar wat van die res? Die feit dat Shantell nie oor haar ondervinding wou praat nie, het hom gedwing om sy inligting vanuit ? ander oord te kry. Gino Kwartet in Pollsmoor-gevangenis. Dean sorg in 'n mate vir die jong man. Hoekom, weet hy nie.

Hy self is 'n slagoffer van geweld en kinderuitbuiting. Gino ken nie 'n ander lewe nie. Hy is vroeg in sy lewe reeds daaraan blootgestel. Tog is dit geen verskoning om oor 'n ander se kind te besluit nie. Hy wil vir Gino 'n tweede kans gee maar wie weet of hy dit sal neem? Dan was daar ook al verskeie pogings op Gino se lewe in die tronk.

Die groot rolspelers in die sindikaat wil Gino stil maak. Terwyl hy nog soos 'n kanarie sing, slurp Dean al die inligting op en probeer dit na die beste van sy vermoë gebruik.

Die gebou bestaan uit twee vloere. Die ondergrondse vloer en die boonste deel wat hy as ? woonstel ingerig het. Ajay en Bradley deel 'n kamer en sover kom hulle drie goed oor die weg. Sy gedagtes is weer by Gino. Kan hy Gino vertrou?

Daar is opregte berou in Gino se oë. Soms sien Dean ook vrees. Met elke besoek word Gino stiller. Dean moes sy kontakte gebruik om Gino uit die gevreesde Pollsmoor te kry. Gino is twee dae gelede na Goodwood-gevangenis oorgeplaas.

Sy kanse om oorlewing is skraal en blykbaar weet Gino dit.

Gino se niggie Essie, wat die meisies vir hom gewerf het is ook toegesluit. Dean is dankbaar aan Katinka wat dapper genoeg was om die twee uit te wys. Dean hou van Katinka. Sy het 'n oop eerlike gesig, bietjie verstrooid en kan soms te veel praat. Dalk bietjie te jonk vir hom maar daar is iets aan Katinka wat hom aantrek. Haar outydse siel. Haar swart ogies agter die dikraambril maak hom nuuskierig. Daarby het sy ? pragtige lyf met die mooiste hartvormige gesig.

Haar styl is uniek en soms gewaagd, maar dit pas. Die feit dat sy op Shantell verlief is en glad nie in mans belang stel nie, is die enigste struikelblok in sy pad. Anders het hy haar lankal nader gehark.

Hy wonder of Katinka hom nie kan help met die projek nie. Dit moet telepatie wees, want toe Dean se selfoon lui, wys Katinka se naam op die skerm.

“Katinka hoe gaan dit? Ek sit nou juis en dink aan jou.”

Katinka se stem is skaars ? fluistering. “Ek het jou hulp dringend nodig Dean. Waar is jy?”

“Hier in die Kaap. Wat is fout Katinka?” wil Dean weet.

“Ek kan nie oor die foon praat nie. Dis beter as jy my kom sien.”

“Ek het binnekort 'n vergadering met een van my tech ouens maar sal jou direk daarna kom sien?”

Ná die oproep kom Ajay by die woonsteldeur ingestap.

“Waar staan ons,” vra Dean.

“Daar is 'n massiewe agterstand op vermiste persone in Suid-Afrika. Duisende en die lys word by die dag langer. Dié wie in die laaste paar jaar verdwyn het is natuurlik ons hoof fokus.”

“Ek hoor jou Ajay, maar wat het ons in die laaste maand bereik?”

“Baie,” sê Ajay. “Ek wou nie praat voor ek nie alles kon voorlê nie. Ek het ? webwerf ontwerp waar vermiste kinders se families kontak maak. Ek plaas ? advertensie met 'n link waarop die persoon kliek en vat dit vandaar.”

“Intussen fokus Bradley op die meisies in die Skiereiland. Etniese groepe, ouderdomme en die betrokke areas waar hulle verdwyn het.

Dan bring hy dit met pinpoints bymekaar om vas te stel hoeveel sindikate in die Kaap operate.”

“Klink na baie werk.”

“Dit is. Ons het meer mense nodig Dean.”

“Miskien was my passie groter as my verstand toe ek die ding aangepak het,” sê Dean.

“Ons doen iets goed en kan die polisie op die regte mense se spoor plaas. Dink so daaraan.”

“As jy so sê Ajay.”

Paar uur later is Dean op pad na die Eikestad om Katinka te ontmoet. Kort voor lank staan hy voor Huis Harmonie. Hy skakel Katinka se nommer terwyl hy in die motor sit. Toe sy na die derde probeerslag nie antwoord nie verskyn 'n frons tussen sy oë.

Net toe vlieg die voordeur oop en herken hy Mathilda Wiesenaam, 'n mede-student. Hy wink haar nader. Haar gesigsuitdrukking verander toe sy hom herken. “Dean jy moet help. Katinka is weg en niemand het 'n clue waar sy is nie. Ek soek al ? tydjie na haar, en na gisteraand se gebeure is my senuwees is aan flenters.”

“Begin by die begin. Wat presies het gisteraand gebeur?”

In sy hart hoop hy nie die sindikaat het Katinka in die hande gekry het nie. As dit so is, is Katinka in baie groot moeilikheid.

  • Lees môre verder
Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees