Anna vind toe uit watse werk sy by die evangelis kry

akkreditasie
Oom Sonnie
Oom Sonnie

HAAI, Sonlanders! Anna Baatjies voel sy kan maar net nie wen in die lewe nie. Aan die een kant het sy ’n tronkvoël-broer wat haar net wil bedood. Aan die ander kant ’n streng ma wat nou weer vir haar ’n werk gekry het by ’n spulse kerkman, Evangelis Johnny. ’n Job waarvoor sy baie lank in die tand is. Geniet nou hoofstuk 2 van ELDRIDGE JASON se Anna Johanna Stoffelina en So Aantes...

AS ANNA gedink het haar pa gaan tot haar redding kom, besef sy baie gou dat sy haar laat gaan maak.

Oom Bertie kom die kombuis ingewaggel, juis toe Anna dink aan ’n comeback om haar ma te counter.

Daar skuil niks goeds in enige werk wat Evangelis Johnny aanbied nie. Vra maar vir Rosemary Julies, antie Rose van hier oorkant die pad se dogter, van die dag toe Evangelis Johnny haar ’n werk aangebied het en hoe sy toe sonder panty daai dag huis toe moes gehol het. Rosemary het ’n saak teen die evangelis gemaak, maar hy het net aangevoer dat hy haar hande wou oplê en die duiwels uit haar wou bid. Die staat het toe besluit Rosemary het nie ’n saak nie.

Van daai dag af het sy wat Anna is, besef ’n mens kan nie op die staat staatmaak nie. Maar hoe draai sy daai oor aan haar ma?

Sy kyk na haar ma en besef dadelik dat haar hulp nie van daar gaan kom nie. Haar pa lyk oes ná die vorige aand se gesuipery ’n paar strate verder by die Bergh’e se huis. Oom Hennie Bergh bedryf mos sy eie kantien waar mense op die boek drink tot die volgende AllPay se oulap.

En toe haar pa “Waa’s my vriete?” brom en sy sien hoe haar ma haar vir hom vererg, toe weet sy daar is ’n ander battle aan die broei waarvoor sy nie nou lus het nie.

Sy gryp ’n bakkie van die tafel en skep haastig vir haar van haar ma se poging tot Jungle Oats.

Toe haar ma “môs djy met my?” aan haar pa vra, skuur sy verby die twee na buite waar sy plat op haar stêre op die kombuisstoepie gaan sit. Sy staan met ’n swaar sug weer op toe sy borde, pierings en koppies binne hoor fly en gaan sit op die banke onder hul vyeboom wat vir jare nie meer bot nie.

Sy hoor haar pa skree: “You ain’t seen nothing yet.” Dan gil hy.

Kort daarna val ’n bord of ’n ding kletterend op die grond.

Verbrande Oats en ’n skandalige geskel vroe-more op haar nugter maag, dink sy. Sy sluk weer ’n lepel van die oats, maak haar oë toe en verbeel haar dis een van daai fênsie dishes by ’n grênd restaurant waar sy graag eendag wil gaan dine.

Oom Tjaart Koenana se klong, Terence, wil mos so graag by haar bok. Maar Terence kry ook maar ’n three-fifty van die staat en daarmee kan ’n mens skaars deur Spur se venster na die menu loer.

Sy wip van die skrik toe sy ’n lag naby haar hoor. Gepraat van die duiwel, dink sy vies toe sy Terence gewaar.

“Aauw, wat sittie girl dan soe en day-dream, baby girl? But djy moet wiet, baby girl, ek en djy...o’s twie sallie ultimate dream team is.”

Sy snork onvroulik deur haar neus. In die proses beland ’n paar van die verbrande stukkies oats in haar mond. Gross, baie gross.

“Wie’djy, Terence, ek en djy was mos saam op skool, nuh. Nou ek wiet djy kannie spellie, soe daai dream waa’van djy praat, is niks anne’ste asse nightmare nie. Nie wag, soentoe met djou flou kaa’te.”

Terence laat hom egter nie van stryk af voel nie. As ek-weier-om-sleg-te-voel ’n person was, dan was dit Terence.

“Girl, djy ka my maa ‘TK’ noem. Van nou af is daai my stage-naam en eendag as ek famous is, sil djy vi ammal ka sê daai is djou berk daai. Tjek net dié move uit.

Ek’se dief,

ek worry nie om te kô innie nag

op my rug, dra ek my fame

soese heavy, masse heavy vrag

In my hanne ’n roos vi jou

Met djou baby girl, gat ek nog trou...”

Anna bars uit van die lag.

“Oe, ê, ê, djy sê daai ding, Biggy Medium Small?

“Djy ka maa al aan weg van my bly met daai load van djou.

“En hou maa daai fame van djou. Evangelis Johnny gat my ryk maak.”

Terence frons. “Hoe... hoe mean djy da nou?

“Evangelis Johnny is dan dja-”

“Hoor ek my naam?”

Beide Anna en Terence wip van die skrik toe Evangelis Johnny se stem bulderend naby hulle opklink. Nie een van hulle het die oom sien aankom nie.

“Nie...nie niks, Evangelist,” brom Terence. “Ek was net surprised om te hoo Anna gaat nou vi’ Evangelist wêk en ektie gewiet Evangelist is nou ’n work giver oekie.”

“Mannetjie,” sê Evangelis Johnny in sy bulder-stem. “Die goed wat djy nou van wiet, het ek lankal al van vigiet.

“Die ding se naam is dié: I’m going places, high places.”

“Maar nie hemel toe nie,” sê Anna saggies.

Evangelis Johnny gluur haar aan, maar sê tot Anna se verligting nie ’n woord nie. Sy is ook nie seker of hy haar wel gehoor het nie. Mense soos Evangelis Johnny hoor mos net hul eie stemme.

“Ek niem an djou ma het djou gesê vannie job?” vra Evangelis Johnny bars. Hy lyk scary met die kwaai uitdrukking op sy gesig en die woeste wenkbroue wat ook heelwat game is.

“Dja...issoe, uhm... Evangelis.”

“Djonge dame,” sê Evangelis Johnny kwaai en swaai weer sy wysvinger rond soos watse beoordelaar.

“Djy klinkie djuis grietag nie. But lat ek nou vi djou een ding sê wattie twie issie: wêk is skaas. Kyk maa om djou rond. Daas oralse djongmense wattie wêk vi hul hanne hettie.

“Kyk maa jou vi djong, Terence, hiesa.

“Wil kamma likes ’n rapper wies, but wietie ees hoe lyke lunch wrap nie. En djy sal moet wêk aan daai houding van djou. Djy gaat met clients wêk en kan nie soe ’n attitude hettie.”

“Clients?” kan Anna nie anders as om nuuskierig te vra nie. “Hoe mean Evangelis Johnny dan nou?”

Die kerkman sug swaar en skud sy kop. “Het djou ma djou dannie gesê nie? Ek gaat mos my eie call centre- biesageit beginne. O’s gaat mense rondbel vi life policies en as djy mooi wêk, dan gat djy lekke kommissie vidien.”

Tot die kerkman se diepe ontsteltenis, bars Terence uit van die lag.

“Daai wil ek darrim sien wêk,” sê hy spottend.

“Mense het skaas kaas in hul mag. Niemand van die mense hie kan afford om dood te gaatie.

“Hoe dink Evangelist gaa hulle life policies kan afford?”

Vir die eerste keer vandat sy hom ken, maak Terence vir Anna sin. Sy het al hoeveel stories in die koerante gelees van call centres wat nie hul mense reg betaal nie.

En Evangelis Johnny is iemand wat die liewe Heer nie eens trust nie...

) Lees môre verder

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
48% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees