Anna sien iets wat haar ontstel ensy maak ’n plan

akkreditasie

HAAI, Sonlanders! Anna ril by Rosemary oor evangelis Johnny se tronk­voël-verlede. Sy skrik nog meer toe sy hoor die evangelis het haar broer Keenan iewers ontmoet vir lunch. Anna kan nie anders as om te worry dat evangelis Johnny beplan om Keenan diep seer te maak nie. Maar is sy dalk bekommerd oor niks? Geniet nou die voorlaaste hoofstuk van ELDRIDGE JASON se Anna Johanna Stoffelina en So Aantes ...

ANNA is besig om te panic. Haar nerves is klaar van worry oor Keenan.

Dit is Rosemary wat ’n bietjie tot haar redding kom.

“I think they went to Spur,” sê sy.

Anna sug van verligting.

“Ek sal moet uitklok,” sê Anna haastig. “Issit orrait as ek gaat?

“Ek willie hê iets bad moet met Keenan gebeu’nie.”

Tot Anna se verbasing stem Rosemary tot haar versoek in.

Sy pak haar goedjies haastig bymekaar en prop dit in haar rugsak.

Toe sy buite kom, besef sy dat Rosemary nie gesê het na watter Spur evangelis Johnny toe is nie.

Wéér moet sy die gebou binnegaan en in haar haas loop sy amper vir Rosemary uit die pad uit.

“I was just on my way to tell you where exactly they are.

“I mos don’t have you’s number and you haven’t accepted my friend request on Facebook.”

Anna voel ’n bietjie sleg oor die beskuldiging in Rosemary se oë. Maar ook net ’n bietjie. Nie genoeg om daai friend request te accept nie.

Maar Rosemary het haar nut gehad en sy weet nou waar om evangelis Johnny en Keenan op te spoor.

Gelukkig vir haar is die eetplek nie ver van hulle werk af nie. Sy stap met lang treë.

Die sweet tap haar af. Toe sy by die eetplek aankom en ’n waiter met ’n breë smile op haar afpyl, faint sy amper van so lam haar knieë kan wees.

Apparently is die evangelis ’n regular hier, want toe Anna net sy naam noem, weet die waitressie onmiddellik van wie sy praat.

Sy word die eetplek binnegelei en Anna is onaangenaam verras toe die waitress in die rigting van die smokers’ section wys.

“Maa’ evangelis Johnny sal mossie daa’ sittie,” sê Anna verbaas.

“Girl, is djy sieke o’s praat vannie selle mens?”

Die meisie smile.

“Girlfriend, ek issie confused nie. Die evangelist sit altyd daa’so.

“Gat kyk self as djy dink ek lieg.”

Anna sug, skud haar kop en stap in die rigting van die rook-sone.

Soos sy loop, brom sy dat die kelnerin baie beslis ’n fout moes gemaak het, maar toe sy die rook-afdeling gewaar, sien sy deur die glaspanele iets wat haar oë laat rek.

Evangelis Johnny en Keenan sit en tjommel lekker. Man-man met ’n lang sigaar in die hand. Maar dis nie al nie. Man-man met ’n lang draft bier voor hulle.

Dit lyk of hulle ou-ou buddies is en sit en lag lekker vir mekaar se grappe.

Anna raak smoor­kwaad. ’n Oomblik oorweeg sy dit om die twee tromp-op te loop en te corner, maar dan tree wys­heid in waaroor sy verbaas is.

Sy haal haar selfoon uit en record die happenings voor haar. Om absoluut enige doubt uit te haal, maak sy seker dat sy genoeg inzoom sodat niemand enige twyfel kan hê oor die mense in die video nie.

Toe Anna tevrede is dat sy genoeg footage het, stop sy die record­ing en druk die selfoon terug in haar sak. Dan stap sy vorentoe en klop teen die glaspaneel. Evangelis Johnny en Keenan gaap haar verbaas aan. Sy waai vroulik vir hulle en maak die skuifdeur oop.

“Haai, dis nou ’n surprise,” sê Anna gemaak verbaas. “Ek wil net gou vi’ my ’n take-away kô kry het, toe sien ek oh my word, wie sit da’ hie’.”

Evangelis Johnny en Keenan skuif albei ongemaklik op hulle banke rond.

“Haai, Keenan,” plak Anna meer stamps op. “Vi’ iemand wattie wêkie het djy nogalste bai gêl om hie’ by Spur te ka’ kô sit.

“Is true wat hulle sê, nuh. The Lord works in mysterious ways.”

Keenan maak kliphard sy keel skoon.

“Nei, ek was hie’ om te soek virre wêk ... ’m ... toe invite die evangelist my.”

“Vi’ nagmaal?” vra Anna sarkasties.

Evangelis Johnny down die res van sy bier met een sluk, breek kordaat wind op en vee dan sy mond met die agterkant van sy hand af.

“Nagmaal? Nagmaal? Ek sien’ie nagmaal hiesa nie.

“Meisiekind, djy vi’beel djou. En be­sides, wie gaat nou vi’ djou gloe?”

Steeds met ’n smile op haar gesig loop Anna nader na die twee toe.

“Ek het ’n baie interesting theory,” sê sy. “Een waa’ ek suspect dat djulle twie oppe kol saam innie mang was. By all means, please, kô oo’tuig my lat ek vi’keet is.”

Albei mans gaap haar net aan.

“Ek wassie lus vi’ wêkie. Ek was fine van net daai R350 van oem Cyril-hulle tjaais.

“But oo’ my ma soe dik gehourit, het ek mos maa vi djou kô wêk, Evangelist.

“But djy laat my mos toe wag vi’ my pay en toe ekkit eventually kry, toe kô rob djy vi my, Keenan.

“En hie sit en suip djulle nou my swaa’ vidiende gêl uit.

“Sê tog asseplease vi’ my of ek vi’keet is.”

Keenan bars uit van die lag. Die skelgeid glinster in sy oë.

“My liewe sista, djy ka’ ma’ relax, want soes wat die evangelist gesêrit, gat niemand djou gloe nie.

“Ek maak djou vrek as djy vi’ iemand hie’vaa vitel. Ek maak’ie djokes’ie. Djy ken my.”

Vir die eerste keer dat sy van kan onthou, boesem haar broer se woorde geen vrees by haar in nie.

“Kyk hoe biewe ek va’ banggeid,” sê sy so kalm soos ’n daggawalm.

“Vi’ djare abuse djy my en bly ek stil daa’o. Ek sê nie ee’s v’i Mammie van djou dinge nie, because why ek willie hê sy moet djou uitsmyt nie en wat wôd dan van djou?

“But ek het gerealise die power wat djy oo’ my het, lê in my silence en ek wil dit nou loud en clear vi’ djou sê: Ek bly gef*k mee stillie.”

Keenan gaap haar net aan. Hy kan nie glo wat hy hoor nie.

“So dala what you must, soes wat Rosemary en haa’ vi’keer’e Engels sal sê.

“Ammal gaa’ hoo’ van dié k*k wat hie’ aangan. Evangelist lat o’s mos hard wêk om lekke te ka suip innie stilte mette groot skollie.”

Selfs evangelis Johnny besef dat Anna nie enige vrees vir hulle koester nie.

“O’s ... o’s ... kan iets ytwêk. Assit ’n increase is wat djy soek ... meisiekind, o’s ka’ hie’oo’ praat.”

Anna lag. “Evangelist, djy is straight op pad hel toe, die hele Facebook praat al van djou en djou dinge.

“Nei, ek het iets special virre surprise vi’ djulle. Djulle albei het nou lank genoeg mettie vi’keer’e mens gemô’s.”

  • Môre: Slot
Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees